... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dit is Wel met My Siel (5)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Tessalonisense 4:16 Wat eerste gaan gebeur, is dat die Here self uit die hemel sal neerdaal en dat die dooies wat aan Christus behoort, sal opstaan. Dit sal gebeur wanneer die hoofengel ’n bevel gee en God se trompet weerklink.(NLV)

Listen to the radio broadcast of

Dit is Wel met My Siel (5)


Download audio file

Tydens die afgelope twee jaar het baie mense as gevolg van die pandemie gesterf. En baie mense, selfs God se mense, het geleef met ‘n vrees vir die dood. Maar ons behoort nooit met so ‘n vrees vir die dood te lewe nie.

Ek onthou hoe ek my pa in sy hospitaalbed sien sterf het. Hy het op die ouderdom van 74 aan komplikasies as gevolg van sy suikersiekte gesterf. Hy was bleek; hy het skaars asemgehaal … en toe was daar die doodsgeroggel terwyl sy liggaam nog om lewe probeer veg het. Maar toe was daar  … niks. Hy was weg.

Dit is inderdaad ‘n baie ontnugterende ding om te sien hoe iemand sterf, want die onvermydelikheid van ons sterflikheid is in jou hart ingebrand. Jy besef met ‘n honderd persent sekerheid dat jy ook eendag sal sterf. 

Dit lei ons tot die vyfde vers van die lofsang, It is Well With My Soul van Horatio Spafford, wat nie slegs sy wêreldse rykdom en sukses verloor het nie, maar ook vyf van sy kinders:

Ja Heer dis op U op U koms dat ek wag;

die hoop sal my altyd besiel;

dan klink op die wolke die stem van die Heer –

o hoe salig die uur vir my siel!

En dit is om daardie rede dat die persoon wat in Jesus glo; wat sy lewe lank glo, dat Jesus vir ons sondes aan die kruis betaal het, in die vaste hoop op heerlikheid aan die anderkant van die graf, kan lewe. ’n Ewigheid saam met Jesus, want eendag – luister na my – eendag, kom Hy terug.

Maar moenie net my woord as die waarheid aanvaar nie, en moenie net Horatio se woord aanvaar nie, kyk wat staan in:

1 Tessalonisense 4:16 Wat eerste gaan gebeur, is dat die Here self uit die hemel sal neerdaal en dat die dooies wat aan Christus behoort, sal opstaan. Dit sal gebeur wanneer die hoofengel ’n bevel gee en God se trompet weerklink. (NLV)

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.