... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dit Wat Geld Nie Kan Koop Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 4:46,47 Jesus het toe weer na Kana in Galilea toe gegaan, waar Hy die water wyn gemaak het. In Kapernaum was daar 'n sekere regeringsamptenaar wie se seun siek was. Toe hy hoor dat Jesus uit Judea na Galilea toe gekom het, het hy na Hom toe gegaan en Hom gevra om te kom en sy seun gesond te maak, want hy het op sterwe gelê..

Listen to the radio broadcast of

Dit Wat Geld Nie Kan Koop Nie


Download audio file

Dit is so maklik om te dink dat geld al jou probleme kan oplos, dit maak nie saak of jy baie of min geld het nie. Ons klou asof ons lewe daarvan afhang aan daardie leuen vas, al weet ons dat dit nie waar is nie.

As geld al ons probleme sou kon oplos, is die antwoord net: werk harder en verdien meer en siedaar alle probleme is opgelos. Nee wat, dit maak nie saak hoe belangrik ons ​​is, watter rang of posisie ons beklee of hoeveel ons verdien nie, dit werk nie so nie. Ons lees in:

Johannes 4: 46,47 Jesus het toe weer na Kana in Galilea toe gegaan, waar Hy die water wyn gemaak het. In Kapernaum was daar ‘n sekere regeringsamptenaar wie se seun siek was. Toe hy hoor dat Jesus uit Judea na Galilea toe gekom het, het hy na Hom toe gegaan en Hom gevra om te kom en sy seun gesond te maak, want hy het op sterwe gelê.

In sy kommentaar op hierdie gedeelte skryf R Kent Hughes:

Daar is baie dinge wat geld nie kan koop nie. Geld kan ‘n ekstra groot bed koop, maar dit kan nie slaap koop nie! Geld kan ‘n wonderlike huis koop, maar dit kan nie ‘n tuiste koop nie! Geld kan ‘n metgesel koop, maar dit kan nie ‘n goeie vriend koop nie! Geld kan boeke koop, maar dit kan nie ‘n brein koop nie! Geld kan ‘n kerkgebou koop, maar dit kan nie toegang tot die hemel koop nie!

Die kern van die saak is dat die grootste probleme van die lewe nie met geld opgelos kan word nie. Die mees intense behoeftes van die lewe kan nie met geld gekoop word nie. En in hierdie geval kon geld nie die lewe van hierdie man se seun red nie. Net een ding kon. Die krag van God in Jesus Christus.

Johannes 4: 50,51 Maar Jesus sê vir hom: “Gaan maar huis toe, jou seun lewe.” Die man het geglo wat Jesus vir hom gesê het, en gegaan. Toe hy nog op pad was, het sy werksmense hom al tegemoet gegaan en vertel dat sy kind lewe.

Daar is ‘n paar dinge wat geld nie kan koop nie. Ja, dit is die belangrikste en waardevolste dinge in ons lewens. Net Jesus kan dit vir jou gee.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy