... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Doen Dit vir die Here

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 2:13,15,16 Omdat die Here dit wil, moet julle julle onderwerp aan elke menslike owerheid, of dit nou die keiser as hoogste gesag is of die goewerneurs as sy gevolmagtigdes wat dié wat kwaad doen, moet straf, maar dié wat goed doen, moet prys. Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, 'n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat. Julle is vry, maar moenie julle vryheid gebruik as dekmantel om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God te dien.

Listen to the radio broadcast of

Doen Dit vir die Here


Download audio file

Ons het die afgelope agtien maande oor en oor gesien hoe die pandemie dwarsdeur die wêreld druk op samelewings, regerings en individue plaas. En dit lei tot konflik en onenigheid. Ons het dit selfs in ons eie land gesien. Ja, druk skep konflik.

Wat moet ons dan doen? Moet ons swak politieke leierskap blindelings ondersteun? Moet ons ons stem laat hoor? Moet ons stilbly, gedienstig wees of selfs aandadig aan die wandade van ons leiers wees? Dit is nie maklik nie. 

Die apostel Petrus skryf aan Christene wat deur die destydse regeringsowerhede vervolg is die volgende in:

1 Petrus 2:13,15,16 Omdat die Here dit wil, moet julle julle onderwerp aan elke menslike owerheid, of dit nou die keiser as hoogste gesag is of die goewerneurs as sy gevolmagtigdes wat dié wat kwaad doen, moet straf, maar dié wat goed doen, moet prys. Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, ‘n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat. Julle is vry, maar moenie julle vryheid gebruik as dekmantel om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God te dien.

Natuurlik is daar soms tye wat ons teen verkeerde dinge moet optree. Maar al te dikwels sien ek sogenaamde ‘Christene’ ander mense vurig teen hierdie of daardie party, of hierdie of daardie leier aanhits. Hoekom? Net omdat hulle kan. Ons raak krities en woedend as gevolg van die uitwerking wat die negatiewe sosiale media op ons het.

Hoe anders sou dinge nie gewees het as ons, wat onsself Christene noem, ons lewens sou gebruik om goed te doen nie? Dit beteken dat ons die regering met ‘n regte gesindheid gehoorsaam, selfs as ons nie saamstem nie. Dit beteken dat ons sal kies om nie aan moddergooiery deel te neem nie. En wanneer ons voel dat dit belangrik is om ons teen ‘n euwel uit te spreek, dit met wysheid en in liefde te doen. 

Dit is wat God wil hê. Julle is vry, maar moenie julle vryheid gebruik as dekmantel om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God te dien.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.