... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Om Liefde en Trou te Bewys

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Miga 6:8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God

Listen to the radio broadcast of

Om Liefde en Trou te Bewys


Download audio file

Hierdie week gesels ons oor wat dit beteken om in God se oë ‘goed te doen’. En in ‘n era waar die streep tussen goed en kwaad nog nooit so vaag was nie, was dit nog nooit so belangrik om te weet wat dit beteken om goed te doen nie.

Ja, ek weet, wanneer jy soggens wakkerword en uit die bed rol, is jy van vaste voorneme om goed te doen; om die beste “jy” te wees, wat jy kan wees. Om ‘n positiewe impak op die lewens van diegene rondom jou te hê. Maar wat beteken dit op ‘n praktiese vlak?

Miga 6:8  Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

Gister het ons ondersoek wat dit beteken om “reg te laat geskied”. Kom ons kyk vandag na hierdie die begrip “om liefde en trou te bewys.”

Ek hoef jou nie te vertel hoe kragtig selfs die kleinste bietjie vriendelikheid kan wees nie. Jy weet mos; jy voel dalk ‘n bietjie broos, of jy’s baie besig met die een of die ander, maar deur ‘n eenvoudige glimlag of ‘n woord van bemoediging, verander jou hele dag in ‘n oogwink.

Maar ek dink tog daar is ‘n onderskeid tussen om vriendelik te wees en om liefdevolle vriendelikheid te bewys. Vir iemand soos ek, wat byvoorbeeld nie maklik kan sien dat die persoon daar oorkant dalk moedeloos voel nie, kan vriendelikheid soms ‘n mog-het-troffe-affêre wees.

Maar om liefdevolle vriendelikheid te bewys, beteken dat die ander persoon vir jou belangrik is. Jy sal byvoorbeeld geleenthede soek om vriendelik te wees. Jy sal daaraan werk om bewustelik enige gevoelens van vyandigheid teenoor iemand te ignoreer. Jy sal ook die slegte bui waarin jy dalk is, vir ‘n daadwerklike begeerte om vriendelik te wees, verruil.

Wat vereis die Here van jou? Dis reg – om liefdevolle vriendelikheid uit te leef.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.