... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Donker is Steeds Donker

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 5:20,21,24 Verwoesting wag vir hulle wat sê dat sleg goed is en goed sleg, dat donker lig is en lig donker, dat bitter soet is en soet bitter. Verwoesting wag vir elkeen wat dink dat hy slim is en homself wys ag. Daarom sal hulle verdwyn soos strooi of droë gras wat brand. Hulle wortels sal opdroog en hulle blomme verlep, want hulle het die instruksies van die Here, die Almagtige, verwerp. Hulle het die woord van Israel se Heilige Een geminag. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Donker is Steeds Donker


Download audio file

Wanneer ons terugkyk na gebeure in die geskiedenis, is ons geneig om die dinge wat toentertyd gebeur het, deur ons moderne lense te beoordeel. Maar daar lê ‘n groot gevaar daarin.

Wat is die gevaar? Dit is dat ons met ‘n snobistiese houding neersien op die foute wat mense in die verlede gemaak het – die slawerny, die rassisme, die seksisme, die brutaliteit, die oorloë … al daardie slegte goed, en dan dink ons … Hoe kon hulle so dom gewees het? Hoe kon hulle daardie foute gemaak het? Ai, dis darem ‘n goeie ding dat ons so slim geword het. Dis darem ‘n goeie ding dat die samelewing so ver gevorder het en soveel meer volwasse geword het as die mense in die ou dae.

Ja. Die groot gevaar is om ons te verbeel dat ons vandag soveel slimmer is, as wat hulle destyds was … sonder om te besef dat ons besig is om ons koppe in ‘n byenes, van ons eie maaksel, te steek. Dit is tyd om hand in eie boesem te steek. Dit is tyd om ons gedrag, ons “slim idees”, die “vordering” van ons dag en tyd, deur God se oë te sien. Is jy gereed?

Jesaja 5:20,21en 24 Verwoesting wag vir hulle wat sê dat sleg goed is en goed sleg, dat donker lig is en lig donker, dat bitter soet is en soet bitter. Verwoesting wag vir elkeen wat dink dat hy slim is en homself wys ag. Daarom sal hulle verdwyn soos strooi of droë gras wat brand. Hulle wortels sal opdroog en hulle blomme verlep, want hulle het die instruksies van die Here, die Almagtige, verwerp. Hulle het die woord van Israel se Heilige Een geminag. (NLV)

Moenie jouself bluf nie. Donker is steeds donker.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.