... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Doodmoeg

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 11:28 Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.

Listen to the radio broadcast of

Doodmoeg


Download audio file

Kan ek jou op ‘n skaal van nul tot 10 vra, hoe moeg is jy? Is jy moeg van alles wat dag na dag om jou aangaan? En hoeveel daarvan word veroorsaak deur jou eie besige program; die uitmergelende tempo waarteen jy jou lewe lei? Hm?

Ek was nou die dag op ‘n Christelike leierskonferensie, en een van die deelnemers het tydens die oggend pouse gespog dat hy gedurende die afgelope tien jaar nie ‘n ordentlike vakansie gehad het nie. My aarde, is hy dan nou simpel ?

En tog lyk dit of so baie mense hulself deesdae gedaan werk. Ons spog met ons bedrywigheid asof dit vir ons eer en aansien gee en dan wonder ons waarom ons so uitgeput is.

As ‘n gerehabiliteerde werk-verslaafde van jare gelede, praat ek uit ondervinding. Maar nou-ja, as ek eerlik moet wees, het ek steeds meer as genoeg op my taaklys om my 24/7 aan die gang te hou. Die e-posse stroom vinniger in as wat ek hulle kan hanteer. Maar weet jy, daar kom ‘n tyd dat jy moet sê, genoeg is genoeg.

Ek is nog altyd ‘n vroeë-oggend-mens. Die dag toe ek hierdie oordenking voorberei het, was ek om 01:45 op. Vroeg in die oggend spandeer ek tyd saam met die Here. Dit is wanneer ek my beste werk lewer.  Om so vroeg te werk, is glad nie ongewoon vir my nie.

Maar ek moes ook iewers ‘n streep trek. Smiddae is my rustyd. En ek skakel my selfoon af as my vrou by die huis kom. En ek gaan nie snags meer my e-pos na nie. Dit is maar net hoe dit is. Partykeer moet mense dae en selfs weke wag vir ‘n antwoord.

Ons lees in: Matteus 11:28 wat  Jesus gesê het: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.

Dit is ‘n wonderlike uitnodiging. Maar ons moet besluit hoe ons dit gehoorsaam. Dit hang van ons af om ‘n besluit te neem – om die streep te trek en te sê, genoeg is genoeg.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge