... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Doop met die Heilige Gees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 3:16 Daarop gee Johannes aan hulle almal die antwoord: “Ek doop julle met water, maar my meerdere kom, en ek is nie eers werd om sy skoene los te maak nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop.”

Listen to the radio broadcast of

Doop met die Heilige Gees


Download audio file

Christenskap is nie ‘n godsdiens nie, dit is nie ‘n stel reëls om te volg nie – dit werk soos ‘n huwelik. Net soos die huwelik, is die Christendom ‘n verhouding waarin ons gedrag verander, omdat ons ‘n liefdesverhouding met God het. Dis die groot verskil!

Ek het onlangs ‘n verskriklike konflik in ‘n Christelike organisasie waargeneem, waar mense regtig sleg optree het. En hierdie onenigheid het my oë weer oopgemaak vir hoe ongelooflik belangrik sterk verhoudings is.

Verhoudings is soos brûe wat ons tydens die goeie en slegte tye in die harte en lewens van ander mense inbou. Brûe wat bedoel is om sterk te staan ​​tydens storms wat onvermydelik uitbars.

Ja, ek weet, dis harde werk om so ‘n sterk brug te bou, maar dink net dat wanneer die storm woed, dit wonderlik is om verhoudings te hê wat die toets deurstaan het? Kyk in Lukas 3 wat die heel eerste ding is, wat Johannes die Doper oor Jesus gesê het:

Lukas 3:16 Daarop gee Johannes aan hulle almal die antwoord: “Ek doop julle met water, maar my meerdere kom, en ek is nie eers werd om sy skoene los te maak nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop.”

Dit was ‘n radikale stelling oor iets baie seldsaam, want tot op daardie stadium was die Gees van God nog net aan ‘n handjievol uitgesoekte leiers en profete gegee.

Dit blyk egter dat God hierdie plan gehad het om ‘n kragtige verhouding met elkeen van ons op te bou; deur ons met sy Gees te deurdrenk. Dit is wat dit beteken om gedoop te word; om in iets gedompel, deurdrenk en deeglik getransformeer te word.

In hierdie geval is dit die plan van God om ons te doop, te deurdrenk en radikaal te transformeer deur die uitstorting van Sy Gees op ons. Dis ‘n brug wat gebou is deur die lyding van sy Seun. Dit is ‘n verhouding wat vir ewig sal hou.

Word gedoop – deurdrenk en deeglik getransformeer – deur die Heilige Gees.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge