... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dors, Dors, Altyd Dors

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 7:37,38 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”

Listen to the radio broadcast of

Dors, Dors, Altyd Dors


Download audio file

Het jy al opgelet hoe dit lyk asof al jou damme op dieselfde tyd droog loop? Dit is nie ‘n mooi gesig om te sien nie en op daardie droë, uitgedorde plek smag ons na ‘n teug koel water.  

Toe ek jare gelede opgelei is as leëroffisier, het ons vir weke aaneen geoefen en met ‘n denkbeeldige vyand geveg om die oorlogskuns te bemeester.

Destyds was die leër besig met, wat hulle ‘waterrantsoenering’ genoem het. Twee waterbottels, per man, per dag. En dit was om te skeer, te was, tande te borsel, te kook en te drink. Jy kan self dink dat twee bottels, in daardie moordende warm somers, met al die swaar oefening, nooit, ooit genoeg was nie.

Ons moes dikwels teen ‘n steil heuwel oefen (natuurlik met jou  swaar pak op jou rug) of ‘n diep loopgraaf in ‘n verdedigende posisie grawe; en al waaraan ek kon dink, was om ‘n hele waterbottel leeg te drink.

Natuurlik kon jy dit nie doen nie. Ek onthou ook hoe ek dikwels my oë toegemaak het en gedink het hoe dit sou voel om in ‘n lekker koel rivier te gaan swem.

As jy so dors is, wil jy regtig baie, baie water hê. Jy wil drink en drink totdat jy nie meer kan nie. En so voel jy ook in die loopgraaf van die lewe, as jy heeltemal leeg voel.

In Johannes 7:37,38 lees ons: Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”

Het jy gehoor wat Jesus gesê het? Strome, ‘n oorvloed lewende water. Onthou dit die volgende keer as jy dors word: Jesus hou nie van waterrantsoenering nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge