... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Drome en Begeertes van jou Hart

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 15:10-12 Toe het Jesus die menigte nader geroep en vir hulle gesê: “Julle moet nou luister en mooi verstaan! Dit is nie wat by die mond ingaan wat die mens onrein maak nie. Maar wat by die mond uitkom, dit maak 'n mens onrein.” Daarna het die dissipels na Hom toe gekom en gesê: “Weet U dat die Fariseërs hulle vererg het toe hulle gehoor het wat U sê?”

Listen to the radio broadcast of

Drome en Begeertes van jou Hart


Download audio file

Mense se prioriteite in die lewe is baie uiteenlopend. Joune is nie dieselfde as myne nie, en myne is nie dieselfde as joune nie. En God het sekerlik ook prioriteite. Die vraag is, hoe pas ons prioriteite in by sy prioriteite vir ons lewens?

Ek is altyd verstom oor hoe maklik ons God se liefde in ‘n klomp reëls omskep. Jy verstaan mos wat ek sê. Jy is so dankbaar dat Hy Jesus gestuur het om vir jou te sterf, dat jy nou probeer om jou lewe vir Hom te leef, sodat jy God daarvoor kan eer.

Maar voordat jy dit weet, maak jy reëls op wat eintlik niks vir God beteken nie. Laat ek jou ‘n ‘voorbeeld’ gee. Daar is mense – Christene – wat vir jou sal probeer voorsê oor wat jy mag eet of drink. Ons het dit sekerlik tog al almal gehoor…

Maar Jesus het heeltemal ‘n ander gesindheid. Ons lees in:

Matteus 15:10-12 Toe het Jesus die menigte nader geroep en vir hulle gesê: “Julle moet nou luister en mooi verstaan! Dit is nie wat by die mond ingaan wat die mens onrein maak nie. Maar wat by die mond uitkom, dit maak ‘n mens onrein.”

Daarna het die dissipels na Hom toe gekom en gesê: “Weet U dat die Fariseërs hulle vererg het toe hulle gehoor het wat U sê?”

Dit wys ons dat dit nie vir Jesus neerkom op hoe goed jy die mensgemaakte reëls volg nie, maar op wat in jou hart aangaan. Vir Hom is jou drome en die begeertes van jou hart; die essensie van wie jy is, die dinge wat vir Hom belangrik is.

As ons besluit om op te hou om die reëls na te kom en ons lewens radikaal vir Jesus te begin leef, sal dit sekerlik ‘n paar mense ontstel. Maar dan moet jy jouself afvra: “Wie probeer ek regtig tevrede stel?”

Hou op om na ander mense se pype te dans! Begin om jou lewe radikaal vir Jesus te leef.

Dit is God se Woord. Vars, vir jou‚ vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge