... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Gee my ‘n Teken

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 8:11-13 Daar kom toe Fariseërs wat met Jesus begin redeneer. Om Hom op die proef te stel, wou hulle van Hom 'n wonderteken uit die hemel hê. Hy het diep gesug en gesê: “Waarom wil hierdie geslag 'n teken hê? Dit verseker Ek julle: Aan hierdie geslag sal beslis nie 'n teken gegee word nie.” Hy het hulle daar laat staan, weer in die skuit geklim en na die oorkant van die see toe gegaan.

Listen to the radio broadcast of

Gee my ‘n Teken


Download audio file

‘n Mens is soms in die versoeking om God te vra om Homself te bewys, veral as die lewe moeilik is en dit lyk asof Hy jou verlaat het. “God, gee my ‘n teken. Wys my dat U regtig bestaan.” Maar dit werk nie so nie!

Het jy opgelet hoeveel padtekens daar deesdae in die straat is wanneer jy daar af ry? Eenrigting, geen linksdraai, stop, gaan, vinnig, stadig. Jy kan hulle nie mis kyk nie.

Daar was ‘n tyd toe Jesus baie wonderwerke gedoen het. Hy het mense genees en duiwels uitgedryf, menigtes met ‘n paar vissies en brode kos gegee, op water geloop en storms stilgemaak. Mense het hulle tekens genoem; tekens wat bewys het dat Hy inderdaad die Messias was.

En hulle was ‘n bietjie soos daardie padtekens – jy kon dit net nie mis kyk nie. Maar ons sien in:

Markus 8:11-13 Daar kom toe Fariseërs wat met Jesus begin redeneer. Om Hom op die proef te stel, wou hulle van Hom ‘n wonderteken uit die hemel hê. Hy het diep gesug en gesê: “Waarom wil hierdie geslag ‘n teken hê? Dit verseker Ek julle: Aan hierdie geslag sal beslis nie ‘n teken gegee word nie.”

Hy het hulle daar laat staan, weer in die skuit geklim en na die oorkant van die see toe gegaan.

Hm, het hulle nie genoeg tekens gesien nie? Wat meer wou hulle van Hom hê om te bewys dat Hy werklik die Messias is?

Hy doen nie truuks op bevel om mense te amuseer nie; en dit is presies wat daardie godsdiensleiers Hom gevra het. Hulle wou die skepper-skepsel-verhouding omswaai – om Hom na hul beeld te herskep.

Dit moet ons verstaan – Jesus dans nie na mense se pype nie.

Dit is God se Woord. Vars vir jou vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge