... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Droom Groot Drome

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 9:8 En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk

Listen to the radio broadcast of

Droom Groot Drome


Download audio file

Hoe dikwels droom jy oor die toekoms; hoe dit kan lyk en selfs wat God besig is om te doen? Of is jy eenvoudig elke dag net te besig met jou eie dinge, om jou kosbare tyd aan dagdrome af te skryf?

Ek het onlangs ‘n boek deur ‘n bekende maatskaplike navorser gelees, wat werksessies met baie gewone mense soos ek en jy aangebied het, om te ontdek wat mense dink en waarheen die samelewing op pad is.

En verbasend genoeg het hy tot die gevolgtrekking gekom dat ons êrens gedurende die afgelope paar jaar opgehou het om te droom. Ons het opgehou om hoop vir die toekoms te hê. Hoekom? Wel, sy antwoord was:

Omdat ons so versmoor word in ons verbruikerskultuur, dat ons nie meer die behoefte het om te droom nie. Ons is so besig om vandag versadig, bevredig en vermaak te word, dat ons nie tyd het om na môre uit te sien nie.

Maar sê nou God het ons geskep om te droom? En sê nou drome is ‘n intrinsieke deel van ons mondering? En sê nou God wil sy magtige planne aan ons openbaar en ons daaroor laat nadink? Sê nou … Maar weet jy:

2 Korintiërs 9: 8 sê: En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk

Maar wat sal gebeur as ons, terwyl ons oor die toekoms droom, God se oorvloedige seën vasvat om ons in staat te stel om hierdie wêreld te seën met “elke goeie werk”? Sê nou God het hierdie wonderlike planne om deur jou te werk, sodat Hy ander mense oorvloedig kan seën?

As ons droom, kan ons deure oopmaak en moontlikhede ontdek wat ons nooit gedink het bestaan nie. Want in Hom is alle dinge moontlik.

Dink net – ‘n mens sonder drome is soos ‘n wêreld sonder kleur.

‘n Hart sonder drome is soos ‘n kind sonder toekoms.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge