... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ek Behoort Net aan God

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 73:25,26 Wie het ek in die hemel behalwe U? Ook op aarde soek ek net vir U. My liggaam en my hart kan kwyn, maar God is my blywende krag en my erfdeel vir altyd.

Listen to the radio broadcast of

Ek Behoort Net aan God


Download audio file

Sê my, wat is bo-aan jou gebedslys? Wat is die drie top dinge waarvoor jy vir God wil vra? Miskien is dit gesondheid, of finansiële sekuriteit, of ‘n beter huwelik? Wat is nommer een, twee en drie op jou lys?

Hier by Christianityworks het ons ‘n webwerf genaamd PowerfulPrayer.org. Waarom noem ons dit “kragtige gebed”? Want die enigste soort gebed waarvan die Bybel ons leer, is dié soort wat kragtige resultate lewer. Ontelbare mense van regoor die wêreld plaas hul gebedsversoeke anoniem hier, en dan bied ander mense vrywillig aan om ‘n weeklikse e-pos te ontvang om te bid vir ‘n aantal mense. Kyk gerus hoe dit werk … PowerfulPrayer.org.

Ons ontvang allerhande gebedsversoeke. Sommige van die dinge waaroor mense skryf, is werklik tragies soos: huweliksontrou, gebroke gesinne, oorloë, lewensgevaarlike siektes en nog soveel meer. Dis vir my ‘n voorreg om vir mense te bid en hulle te bemoedig. Ons word in die Bybel beveel om vir ander mense in te tree.

Weet jy, daar is een spesifieke gebedsversoek wat ek baie selde sien. Dit lui: Ek wil meer van God hê. Ek wil nader aan Jesus kom. Hoekom is daardie gebedsversoeke so skaars? Die psalmdigter skryf in:

Psalm 73:25,26 Wie het ek in die hemel behalwe U? Ook op aarde soek ek net vir U. My liggaam en my hart kan kwyn, maar God is my blywende krag en my erfdeel vir altyd. (NLV)

Dis korrek om vir jou behoeftes hier op aarde te bid. Maar onthou: alles in hierdie lewe sal eendag vergaan; ons verstand en liggaam sal swak word; niks sal oorbly nie.

“Maar God – in die Hemel, ek het net vir U. My God … U is vir alle ewigheid my bron van krag. Here, ek smag na U. Here, trek my na U toe. Here gee my meer van U!”

Dit is God se Woord. Vars …vir jou…vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy