... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ek het Vandag Brood Nodig

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 11:3 Gee ons elke dag ons daaglikse brood.

Listen to the radio broadcast of

Ek het Vandag Brood Nodig


Download audio file

Wanneer laas het jy ‘n dringende nood gehad; ‘n gesondheids-, of ‘n finansiële krisis, of ‘n verhouding wat verbrokkel? En het jy onmiddellik met God daaroor gepraat en geglo dat Hy sal voorsien? Het jy … of het jy nie?

Vir sommige mense is dit ‘n groot stryd om net elke dag kos op die tafel te sit. Miljoene mense leef vandag nog in armoede.

Ek het onlangs met ‘n man in Rwanda gepraat. Hy sukkel om nie net vir sy eie gesin te sorg nie, maar ook vir familielede wat in desperate nood verkeer. En ‘n ander man in Bangladesj, het ‘n rukkie gelede vir my gesê: “Ons eet meestal rys, maar as die rys op is, dan ly ons honger.”

Kyk wat is een van die dinge wat Jesus sy dissipels geleer het om voor te bid. Ons lees in:

Lukas 11:3 Gee ons elke dag ons daaglikse brood;

Ek het al dikwels gewonder hoe die vissermanne en boere wat na Jesus geluister het, hierdie woorde sou interpreteer. Dié gebed het tog sekerlik ‘n heeltemal ander betekenis vir die mense wat swaarkry, as vir dié wat oorvloed het.

Watter soort God is Jesus wanneer Hy vir dié wat honger is sê: “Ek weet wat jy nodig het en sal voorsien in jou behoeftes.” Vandag het die Rwandese man en die een uit Bangladesj albei genoeg kos vir hul gesinne. Hoe dink jy voel hulle nou oor God?

Soms dink ons ​​dat dit vir God onmoontlik sou wees om in ons behoeftes te voorsien. En dan bid ons daardie eenvoudige gebed: Gee ons elke dag ons daaglikse brood. En God voorsien. Hy doen dit altyd. Soms seën Hy ons harde werk. Ander kere, wanneer niks wat ons kan doen, help nie, stuur Hy ‘n wonderwerk uit die hemel.

Hy doen dit nie altyd op dieselfde manier nie, maar Hy voorsien altyd.

Gee ons elke dag ons daaglikse brood;

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge