... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ek is nie Heeltemal Seker Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 5:13-15 Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo. En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.

Listen to the radio broadcast of

Ek is nie Heeltemal Seker Nie


Download audio file

Gister het ons saam ‘n gebed gebid – ‘n gebed wat ons lewens aan Jesus gegee het – alles wat ons is, alles wat ons het, elke hoop en elke droom. Alles, maar … miskien twyfel jy vandag?

Jesus ek het gister my lewe aan U gegee, maar om die waarheid te sê, vandag voel ek nie so seker nie. Ek het in die middel van die nag in ’n koue sweet wakker geword en gedink: “Wat het ek gedoen?”

Ek is nie een of ander godsdienstige dweper nie. En toe dink ek: maar nou ja, as U God is, weet U dit al lankal. Dit is snaaks, nè? En Here, U weet wat gebeur. In my diepste wese wil ek U so graag in my hart hê,  maar in my kop ervaar ek daardie gevoel wat ‘n mens kry, wanneer jy wakker word en jy voel asof jy besig is om te val? Dit is presies wat in my kop aangaan.

Ek het U alles gegee. My hele lewe. En ek weet nie wat dit gaan beteken nie. Ag Here, my God, ek wil U net vandag vra om my ongeloof tegemoet te kom. Ek hoor hoe mense van hulle geloof getuig, maar sommige dae is dit nie vir my so maklik nie. Daarom vra ek, Here, help my asseblief om te glo. In Jesus se naam. Amen.

Ons twyfel almal van tyd tot tyd … maar hier is die waarheid.

1 Johannes 5: 13-15 Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo. En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge