... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ek was Verkeerd!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 13:34,35 Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”

Listen to the radio broadcast of

Ek was Verkeerd!


Download audio file

Niemand van ons hou daarvan om te erken dat ons verkeerd is nie … en tog is ons soms. En dikwels as ons verkeerd is, maak ons ander mense seer. En dis juis in daardie situasies wat ons ‘n paar moeilike besluite moet neem.

As jy al tieners grootgemaak het, sal jy weet dat dit van tyd tot tyd baie geduld en heelwat konflik behels. Toe my dogter ‘n tiener was, het ek haar dikwels verkeerd verstaan, verkeerd gereageer en haar kop afgebyt.

En jy as ouer, weet diep binne in jou hart dat jy moet erken dat jy verkeerd was. Dis baie moeilik, veral as jy die gesagpersoon is. Die maklikste ding om te doen, is net om die konflik toe te smeer, daarvan te vergeet en aan te beweeg.

Maar hoe langer jy dinge so los, hoe groter is die kans, dat jy daardie verhouding skade gaan aandoen. Daarom steek ek my trots in my sak, omhels haar, vra om verskoning en vra dat sy my moet vergewe.

Miskien is ek anders as jy, maar ek sukkel nogal daarmee. Maar Jesus het in Johannes 13: 34,35 gesê: Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”

En as ons sê dat ons iemand liefhet, kan ons nie daardie verhouding skade berokken en die persoon seermaak deur iets wat óns fout is nie.

As ons sê dat ons iemand liefhet, moet ons dinge regstel.

Liefde is ‘n werkwoord. Dit ís ‘n werkwoord. En wanneer ons sy liefde in moeilike situasies betoon, is ons ‘n getuienis vir Hom. Onthou, dit maak nie saak hoe moeilik dit mag lyk en hoeveel dit ons mag kos nie.

…julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet,

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge