... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Elke Deel van jou Lewe

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 127:1,2 As die Here die huis nie bou nie, swoeg die bouers tevergeefs daaraan. As die Here oor die stad nie wag hou nie, bly die wagte tevergeefs wakker.(AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Elke Deel van jou Lewe


Download audio file

Wanneer jy vir iemand vra hoe dit gaan, kry jy maar al te dikwels die antwoord: “Ag weet jy, ek’s so besig, besig, besig.” Dit wil lyk asof die ‘besig-wees’ deesdae amper ‘n soort van status simbool geword het… selfs wanneer dit ons doodmaak.

Een van die dinge wat ek regtig van God waardeer, is dat Hy deel van elke faset van ons lewens wil wees. En Hy wil nie net deel daarvan wees nie, maar Hy wil elke deel van ons lewens seën.

‘n Paar jaar gelede het ek ongelooflike lang ure gewerk en ek het permanent moeg gevoel. Ek was desperaat en het dokter toe gegaan. Sy het al die toetse gedoen. Nadat sy al die moontlike siektes uitgeskakel het, was haar diagnose eenvoudig: “Berni,  jy kry net nie genoeg slaap nie. Jy het elke aand ‘n ekstra uur se slaap nodig!” Hm, en hier het ek nog altyd gedink ek is superman!

Nie lank daarna nie, lees ek toe in die Bybel in:

Psalm 127: 1,2 As die Here die huis nie bou nie, swoeg die bouers tevergeefs daaraan. As die Here oor die stad nie wag hou nie, bly die wagte tevergeefs wakker. (AFR20)

‘n Wonderlike ding gebeur wanneer ons toelaat dat God oor elke deel van ons lewe regeer. Hy spreek sy wysheid in ons harte in. Hy bring rus; Hy gee slaap vir diegene wat Hy lief het.

Moenie my verkeerd verstaan ​​nie, ek glo aan harde werk. En ek hou daarvan om lang ure te werk as ek besig is om te doen wat God van my vra. Maar daar kom ‘n stadium waar die dolle gejaag nie net jou gesondheid verwoes nie, maar wys dat jy eenvoudig nie op God vertrou nie.

Hy wil betrokke wees by elke deel van jou lewe. Laat Hom toe om te wees!

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge