... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Elke Sondaar Het ‘n Toekoms

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 12:9 Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.

Dit was op die 15e Oktober 1995 toe ek vir die eerste keer in ‘n lang, lang tyd na ‘n kerk toe is. En ek moet vir jou sê, ek het baie ongemaklik gevoel om daar in te stap.

Ek het onlangs hierdie woorde aanlyn raakgeloop. Ek weet nie wie hulle geskryf het nie, maar hulle is so kragtig, dat ek dit met jou wil deel:

As jy voorhuwelikse seks het, gaan in elk geval kerk toe. As jy ’n dwelmverslaafde is wat jou verslawing probeer oorwin, gaan in elk geval kerk toe. As jy die vorige aand die hele nag dronk was, gaan in elk geval kerk toe. As jy nie seker is watter geslag jy verkies nie, gaan in elk geval kerk toe. As jy nie daardie walglike gewoonte kan laat vaar nie, gaan in elk geval kerk toe.

Kerk is ‘n hospitaal vir gebroke, verlore, leë, verwarde, desperate en verwerpte mense. Elke sondaar het ‘n toekoms en elke heilige het ‘n verlede. Hoe verbreek ons die kettings van verslawing en slawerny? Deur gebed. Gebed vir jou en gebed saam met jou.

Daar is nie ‘n enkele persoon binne die vier mure van die kerk, wat nie iets in hulle verlede het, waaroor hulle nie skaam is nie, of spyt oor is nie. Ons het almal foute gemaak en sal aanhou om dit te doen, MAAR God se genade is genoeg. Daar is dinge wat ek nooit hardop oor myself sou wou erken nie, maar God weet daarvan. En Hy het my nietemin lief.

 Ten spyte van wat jy ook al doen, wat jy ook al gedoen het, en wat jy ook al mag doen, gaan in elk geval kerk toe. Dit kan jou lewe dalk net verander.

Vir die rekord, die 15e Oktober 1995 was die dag waarop ek my lewe aan Jesus gegee het.

2 Korintiërs 12:9 sê: Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.