... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ete saam met Jesus

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 9:10,11 Toe Hy in die huis vir ete aanleun, het daar onverwags ook baie tollenaars en sondaars opgedaag en saam met Jesus en sy dissipels vir ete aangeleun. Die Fariseërs het dit gesien en vir sy dissipels gevra: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?”(AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Ete saam met Jesus


Download audio file

My idee dat ek nie goed genoeg vir God is nie, het my vir amper twintig jaar weerhou daarvan om my lewe aan Hom te gee. Twintig jaar! Toegegee; ek weet ek kan in myself nooit goed genoeg vir God wees nie. Maar die een ding waarop ek nie gereken het nie, was Jesus.

Ek dink as Jesus my dorp sou besoek, sou ek Hom graag wou oornooi vir ete. Dit is altyd lekker om die baas vir aandete te hê.  Dink aan die dorp waar jy woon. Al die mense wat vir Jesus werk – die biskoppe of predikante of ouderlinge of evangeliste of wie ook al – hulle is sekerlik diegene wat ‘n maaltyd saam met die Baas verdien.

Stel jouself die scenario voor:  Jesus neem die bus van die lughawe af en Hy stop nie eers by een van die kerke of huise van enige van hierdie goeie en goddelike predikante nie. Aikona. In plaas daarvan gaan Hy reguit hotel toe. En weet jy dis nie die vyfster een nie, dis daardie regtig ongure kroeg in die stad. Dis die plek waar daar altyd moeilikheid is – waar mense dronk word en waar daar dikwels ‘n messtekery of ‘n geskietery  voorkom; om nie eens van prostitusie praat nie. Dié soort plek, waarin jy nooit gesien sou wou word nie. Kan jy dit in jou verbeelding sien?

Nou kan jy dink: Berni, jy maak dit alles op. Glad nie. Want dit is presies waar Jesus telkens beland het, en dit het die godsdienstige leiers van sy tyd tot in die droesem van hulle gebeentes geskok.

Matteus 9:10,11 lees: Toe Hy in die huis vir ete aanleun, het daar onverwags ook baie tollenaars en sondaars opgedaag en saam met Jesus en sy dissipels vir ete aangeleun. Die Fariseërs het dit gesien en vir sy dissipels gevra: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?” (AFR20)

Dis ‘n baie goeie vraag. Hoekom?

Miskien het Jesus nie net vir die geestelike elite gekom nie. Miskien stel Hy baie meer belang in die doodgewone ouens, die sondaars, soos ek en jy.

Dis ons unieke Jesus!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge