... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Gaan Voort

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 1:6 Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom

Listen to the radio broadcast of

Gaan Voort


Download audio file

Sonde is ‘n feit soos ‘n koei. Ek weet dit is deesdae nie ‘n gewilde onderwerp om te bespreek nie, maar van wanneer af bepaal gewildheid die waarheid? Ja, sonde is en bly ‘n feit van die lewe.

En as ons onsself, ons lewens en ons verhoudings wil verbeter sodat ons môre ‘n beter mens sal wees, as wat ons vandag is, dan moet ons die feite hanteer. Almal se sonde is ook nie dieselfde nie – jou sonde is ongetwyfeld anders as myne, maar ons het almal sonde om te hanteer.

Soms struikel ons, en ons struikel, en ons struikel, en val weer en weer ‘n keer terug in daardie selfde ou sonde. Ander kere is dit baie ernstiger – ons val tot ons plat op die aarde lê. Hoe dit ook al sy, op ‘n stadium is dit maklik om tot die gevolgtrekking te kom dat ons nooit oorwinning oor ons sonde gaan hê nie.

Maar weet jy, dis ‘n gevolgtrekking waartoe ons kom wanneer ons vergeet dat God met ons is … en dat Hy ons daaruit gaan red. Hoe kan ons seker wees daarvan? Hier is die antwoord in :

Filippense 1:6 Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.

Ons kan absoluut seker wees daarvan, want God werk in ons. Hier is hoe die 18de-eeuse voormalige slawehandelaar, John Newton, dit gestel het: Ek is nie die man wat ek behoort te wees nie, ek is nie die man wat ek wil wees nie en ek is nie die man wat ek hoop om te wees nie, maar deur die genade van God is ek nie die man wat ek vroeër was nie.

Onthou jy kan nooit vir God uit die vergelyking laat nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.