... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Gebruik dit, of Verloor Dit

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Sefanja 1:12,13 Daardie tyd sal Ek Jerusalem met lampe deursoek en die mense straf wat in hulle selftevredenheid dink: die Here doen nie goed óf kwaad nie. Hulle besittings sal geplunder word, hulle huise verwoes word. Hulle sal huise bou, maar nie daarin woon nie, wingerde plant, maar nie die wyn drink nie.

Listen to the radio broadcast of

Gebruik dit, of Verloor Dit


Download audio file

God is ‘n God van liefde. Niemand betwyfel dit nie. Hy roep ons om met oorgawe uit ons gemaksone te tree om Hom te dien. Hy wil nie sien dat ons op ons louere rus nie; Hy wil nie hê dat ons selfvoldaan raak nie.

Selfvoldaanheid is een van die dodelikste sondes van almal. Hierdie selftevredenheid gryp ons lewens vas soos ‘n verborge kanker; dit immobiliseer ons en beroof ons van God se planne vir ons lewens.

Ek het dikwels gewonder waarom my pa my so hard gedruk het toe ek jonk was. Hy was nooit met tweede beste tevrede nie. Hy het altyd gesorg dat ek uitgedaag word om beter te presteer. Na al die jare kan ek sien wat hy gedoen het. Hy het gesorg dat ek, as sy geliefde seun, my volle potensiaal bereik. Ons Vader in die hemel doen presies dieselfde.

In Sefanja 1: 12,13 staan: Daardie tyd sal Ek Jerusalem met lampe deursoek en die mense straf wat in hulle selftevredenheid dink: die Here doen nie goed óf kwaad nie. Hulle besittings sal geplunder word, hulle huise verwoes word. Hulle sal huise bou, maar nie daarin woon nie, wingerde plant, maar nie die wyn drink nie.

In die oorspronklike Hebreeuse teks word die beskrywing van selfvoldaanheid voorgestel as melk wat skif of wyn wat suur word. Dit sê vir ons wat selfvoldaanheid aan ‘n mens doen. Daardie selfvoldane gevoel van tevredenheid lei tot ‘n stagnante lewe, ‘n niksseggende lewe.

Laat ons baie duidelik wees hieroor. Selftevredenheid het geen plek in die hart van enige van God se kinders nie, nie joune of myne nie. God het vir jou ‘n unieke geskenk gegee wat die res van ons nie het nie en Hy wil hê dat jy daardie gawe tot sy eer gebruik. 

En wat Hy baie duidelik hier vir ons almal sê, is dat as jy dit nie gebruik nie, sal jy dit verloor.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.