... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Gee jou Verbeelding Vrye Teuels

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 11:22-24 Jesus sê toe vir hulle: “Julle moet geloof in God hê! Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Lig jou op en val in die see,’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gebeur, vir hom sal dit gebeur. Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.

Listen to the radio broadcast of

Gee jou Verbeelding Vrye Teuels


Download audio file

Het jy op die oomblik ‘n berg in jou lewe wat uit die pad geruim moet word? Watter struikelblok staar jy in die gesig? Wat verhoed jou om alles te word wat God jou gemaak het om te wees, en alles te vermag waarvoor Hy jou geskape het?

Dit is snaaks hoe ons aan die struikelblokke wat ons verhoed, om vorentoe te beweeg, gewoond raak. Ons aanvaar dat daardie berg ‘n gegewe is. Dit is immers al jare daar en dit gaan tog nooit verdwyn nie, of hoe?

Markus 11:22-24 Jesus sê toe vir hulle: “Julle moet geloof in God hê! Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Lig jou op en val in die see,’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gebeur, vir hom sal dit gebeur. Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.

Wanneer jy ‘n boodskap oor hierdie spesifieke gedeelte hoor, dink jy seker dat dit oor jou geloof gaan. Jy’s korrek, want dit is wat Jesus hier vir Sy dissipels wou leer.

Het jy al ooit jou verbeelding vrye teuels gegee om te dink hoe die lewe, sonder daardie spesifieke berg in jou pad, sal wees? Het jy al ooit tydens jou stiltetyd, in God se teenwoordigheid gesit en gedink hoe anders dinge sou kon wees, as daardie spesifieke berg nie daar was nie? Het jy die oplossing al ooit voor jou geestesoog gesien en die moontlikheid daarvan in jou hart vertroetel? Het jy al ooit met daardie klein mosterdsaadjie van geloof, daaroor gebid?

Ek en jy is na God se beeld geskape en dit beteken dat ons ‘n ongelooflike en ‘n wonderlike verbeelding het. En wanneer ons ons verbeelding vrye teuels gee, werk sy Gees kragtig daardeur. En die geloof wat jy nodig gehad het om daardie ellendige berg te verskuif, word skielik ‘n werklikheid. Gee jou verbeelding vrye teuels.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to heavy rains that flooded our TV studio, there’s no video for today’s Fresh. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.