... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Geld is nie Alles Nie!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 62:6,7 en 11 Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan. Moenie op geweld vertrou nie; roof sal jou niks in die sak bring nie. As jou rykdom toeneem, moenie dat dit jou te na aan die hart lê nie.

Listen to the radio broadcast of

Geld is nie Alles Nie!


Download audio file

Geld, rykdom, weelde… dit is verleidelik nie waar nie? As ons eerlik wil wees, wil ons almal meer hê. Sommige mense doen verskriklike dinge om meer te kry. Maar meer, nou-ja, meer is nie noodwendig ‘n goeie ding nie. In werklikheid is daar iets baie beter.

Afhangend van waar jy woon, is welvaart miskien normaal. Of miskien leef jy op ‘n plek waar armoede die norm is.

Ek verwonder my gereeld aan die feit dat soveel mense regoor die wêreld, elke dag, hierdie VARS boodskap ontvang. Van Algerië tot Zimbabwe, van Bolivia tot Oesbekistan, van ryk tot arm, swart tot wit, diegene wat in veiligheid leef en diegene wat in gevaar verkeer.

Wat sê ek nou eintlik oor geld en oor materiële besittings? Hoe kan ons dan almal rondom God se Woord bymekaarkom en dwarsoor daardie spektrum besin oor wat Hy sê van rykdom?

Nou-ja, gelukkig word God se wysheid nie beperk deur ons situasies nie.

Psalm 62:11 Moenie op geweld vertrou nie; roof sal jou niks in die sak bring nie.

Sommige mense is bereid om slegte dinge te doen om meer geld te kry – afpersing en roof, en dan is daar nog talle ander onnoembare dinge. Jy weet, ons is almal in die versoeking om op die verkeerde manier meer geld te kry.

Moenie dit doen nie. Moet tog net nie. En as daar meer rykdom op jou pad kom, moet jy nie toelaat dat dit jou hart verander nie. Ek het al gesien hoe mense, wat alles het wat hul harte kan begeer; mense wat gelukkig moet wees; wat veilig moet wees; ellendige lewens leef. Dit is wat gebeur as ons op rykdom fokus.

Dit maak nie saak of jy nou ryk of arm is nie; wat is die regte benadering tot rykdom? Kom ons kyk in:

Psalm 62:6,7 Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan.

Dis waar… in watter omstandighede jy jou ook al bevind.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge