... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Geniet God

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 2:18,19 Johannes se dissipels en die Fariseërs was besig om te vas. Hulle kom sê toe vir Hom: “Waarom vas die dissipels van Johannes en die dissipels van die Fariseërs, maar u dissipels vas nie?” En Jesus antwoord hulle: “Die bruilofsgaste kan tog nie vas terwyl die bruidegom by hulle is nie? Solank hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie. (AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Geniet God


Download audio file

Ek het grootgeword met wettiese godsdiens. Vir my het dit gevoel dat wanneer ‘n mens Jesus volg, jy 24/7 ‘n dwangbaadjie sal moet dra. Ek vermoed dat baie mense vandag nog so dink. Maar sê-nou dis nie wat God in gedagte gehad het nie?

Een van die dinge wat my die meeste van Jesus aantrek, is die feit dat dit nie vir Hom oor reëls gegaan het nie. Hy het baie gepraat oor ons verhouding met God en hoe ons die manier waarop ons leef, moet verander; maar Hy gee nie hierdie gevoel van ‘n klomp rigiede reëls om na te volg nie.

Ek dink ons mense kan die neiging hê om die goeie dinge van God te neem en dit in reëls te verander. Godsdiens en reëls gaan blykbaar hand aan hand. Maar ek is nie seker of dit is wat God in gedagte het nie.

Party van die mense het Jesus eendag uitgedaag oor die aspek van vas. Ons lees in:

Markus 2:18 Johannes se dissipels en die Fariseërs was besig om te vas. Hulle kom sê toe vir Hom: “Waarom vas die dissipels van Johannes en die dissipels van die Fariseërs, maar u dissipels vas nie?” (AFR20)

Met ander woorde, hulle het gevra: “Waarom kom julle nie die reëls van die spel na nie en hoekom volg julle nie die godsdienstige reëls soos almal nie?” Dit is nie ‘n onredelike vraag nie. Maar daar staan in:

Markus 2:19  En Jesus antwoord hulle: “Die bruilofsgaste kan tog nie vas terwyl die bruidegom by hulle is nie? Solank hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie. (AFR20)

Weet jy wat dit my van God vertel? Hy wil eerder hê dat ons ‘n verhouding met Hom moet geniet, as om ‘n klomp reëls na te jaag.

En die snaakse ding is, hoe meer ons Hom geniet, hoe meer wil ons ons lewe vir Hom leef. Ek wonder soms of godsdienstige reëls nie die kern van God se genade heeltemal misverstaan en misloop nie.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge