... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Geseënd is die Mens wat in Versoeking Standvastig Is

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 1:12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.

Listen to the radio broadcast of

Geseënd is die Mens wat in Versoeking Standvastig Is


Download audio file

Versoeking is tog so ‘n aanloklike ding. Dit is so begeerlik. Ons weet tog as ons daaraan toegee, is dit vernietigend. Maar dit oorval ons alte maklik wanneer ons dit die minste verwag en ons laat ons keer-op-keer daardeur vang. 

Ja-nee, ons het almal al in daardie slagyster beland. Alles verloop so glad, maar skielik verskyn een van daardie klein versoekinkies … dis so aanloklik, en dan, skielik, slaan dit jou soos ‘n voorhamer. John Wesley het dit so gestel:

Net soos die gevaarlikste winde deur die kleinste openinge kan inwaai, so kom die duiwel ongemerk, maar gevaarlik, deur klein niksseggende insidente in, om op ongevoelige wyse, die hart oop te maak vir groot versoekings.”

Is dit nie absoluut waar nie! Dit is waarom die onopgemerkte kompromieë wat ons aangaan, so ongelooflik gevaarlik is.

Maar versoeking is geneig om vinnig te kom en te gaan. Een oomblik is dit glad nie daar nie. Die volgende oomblik val dit jou aan – en voor jy jou oë uitvee, is dit weer weg. Die keuse wat ons in daardie oomblik van aanslag maak, is die kritieke ding.

Jakobus 1:12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.

Tydens die aanslag kan ons kies om óf daaraan toe te gee, óf om dit te weerstaan. Versoekings toets die egtheid van ons geloof. Dit toets die standvastigheid van ons karakter in Christus. En elke keer wanneer jy die versoeking weerstaan, elke keer as jy die toets slaag, word jy meer en meer soos Hy.

Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.