... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Gesindheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 4:10 As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien.

Die idee dat jy ‘n dienaar van iemand anders moet wees, is vir die meeste van ons afstootlik. Die idee is amper, nee, dit is neerhalend in ons moderne tyd. En tog, die belangrikste mens wat ooit op hierdie aarde gewandel het, het gekom om te dien en nie om gedien te word nie. Hm, wat sê dit vir ons? Dit maak nie saak wat jy in die lewe doen nie, wat jou spesialiteitsveld is nie, dit kan uiteindelik alledaags of vervelig word. Mense sê soms vir my: “Ag nee, dit kan nie waar wees nie. Kyk na jou, jy is elke dag op televisie en radio. Hoe kan dit ooit alledaags of vervelig wees?” Ek verseker jou ek geniet my werk. Ek moet elke jaar meer as 1100 boodskappe probeer skryf en produseer. Dit maak nie saak hoe baie ‘n mens daarvan hou nie, maar te midde van al die harde werk, is dit maklik om dit alledaags te laat word. Dink aan die meisie wat ‘n lugwaardin wil word. Dit klink so aanloklik en verleidelik met vlugte dwarsoor die wêreld. Maar dink aan al daardie lang vlugte, die veeleisende passasiers, tydsone veranderings en om van die huis af weg te wees. . .  dieselfde roetine oor en oor. Weet jy, ek was onlangs op ‘n vlug en die lugwaardin, het gelyk asof sy geniet wat sy doen. Sy het mense belangrik laat voel en met ‘n glimlag bedien, in plaas daarvan om net ‘n skinkbord voor hulle neer te plak. Dit was ‘n genot om te aanskou en ek vermoed dat dit alles neerkom op haar gesindheid teenoor mense. In 1 Petrus 4:10  staan: As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy ‘n genadegawe ontvang het, die ander dien. God het elkeen van ons met ‘n unieke talent gemaak en wanneer ons daardie talent met vreugde en dankbaarheid gebruik, is dit so ‘n ongelooflike seën, nie net vir ons nie, maar ook vir diegene rondom ons. Dit kom neer op jou gesindheid. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge