... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Gevoelens is nie Genoeg Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 3:18 Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.

Een van die kragtigste waarhede van die Bybel is dat “liefde” nie net ‘n selfstandige naamwoord is nie, maar dat dit ook ‘n werkwoord is. Dit is nie net iets wat jy het of nie het nie, dit is ook iets wat jy doen.

As jy vandag vir my sê dat jy vir iemand omgee, dat jy vir hulle lief is, is my reaksie daarop: Dis mooi. Maar hoe wys jy dit? Hoe vertel jy dit vir hulle in ‘n taal wat hulle kan verstaan? Hoe weet hulle dat jy hulle, sonder die minste twyfel, liefhet?

Want dit is waaroor dit gaan, nè? Liefde is nie net ‘n gevoel wat jy in jou hart ronddra nie. Met ander woorde, dit is nie net ‘n ding nie, nie net ‘n selfstandige naamwoord nie. Liefde is ook ‘n werkwoord. Dit is ‘n doenwoord. Ons lees in: 

1 Johannes 3:18 Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.

Wie is daar op die oomblik in jou lewe vir wie jy lief is, maar wat waarskynlik nie verseker weet dat jy hulle werklik liefhet nie? Wie kyk na dít wat jy sê en doen (of dalk, wat jy nie sê en nie doen nie) en wonder of jy hulle regtig liefhet?

Vra jouself af: wat kan ek vandag doen, om hulle te laat sien dat ek regtig lief is vir hulle? Watter klein gebaar van vriendelikheid; watter woord van bemoediging; watter klein verrassinkie kan ek vandag vir hulle gee, wat alle twyfel oor my liefde vir hulle uit die weg sal ruim?

Maar weet jy, die snaakse ding van liefde is, dat dit dikwels die kleinste dingetjie is, wat vir iemand sal wys dat jy werklik omgee.

Gevoelens is nie genoeg nie. Jou liefde moet eg wees. Bewys jou liefde deur die dinge wat jy doen.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.