... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God Doen Soms Rare Dinge

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 3:1,2 In daardie tyd het Johannes die Doper in die woestyn van Judea begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

Listen to the radio broadcast of

God Doen Soms Rare Dinge


Download audio file

As God jou sou roep om iets te doen, iets wat jou voete onder jou uitslaan – iets wat heeltemal buite jou ervaring lê – sal jy dit doen? Sal jy dink Hy behoort iemand wat baie meer bekwaam is, te stuur… of sou jy in elk geval gehoorsaam? Sou jy?

Laat ons eerlik wees, God doen soms vreemde dinge. Neem Johannes die Doper; ‘n stem wat uitroep in die woestyn; ‘n man wat God gekies het en uitgestuur het om die weg vir die Here voor te berei.

Johannes was ‘n bietjie van ‘n rare karakter. Hy het klere van kameelhaar gedra en sprinkane en heuning geëet. Hy het nie na ‘n Bybelkollege gegaan of sy geloofsbriewe deur die godsdienstige hiërargie laat stempel nie. Nee, hy was ‘n stem wat in die wildernis uitroep met ‘n boodskap wat ongelooflik ongewild was. Kyk wat lees ons in:

Matteus 3: 1,2 In daardie tyd het Johannes die Doper in die woestyn van Judea begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

“Bekeer julle,” met ander woorde, draai weg van julle sonde – “want die koninkryk van die hemel het naby gekom”. En hy het die mense wat na hom toe gestroom het, en hulle sondes bely het, gedoop en vir hulle gesê: “Ek doop julle wel met water omdat julle julle bekeer het, maar daar kom een ​​wat kragtiger is as ek… en Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop.”

Dink jy as ek of jy God was, sou ons so ‘n snaakse ou soos  Johannes die Doper gekies het om die weg voor te berei vir Jesus, die Skepper van die Heelal en die Verlosser van die wêreld? Waarskynlik nie.

Dit is makliker vir ons om te dink dat God sy belangrikste werk vir mense wat belangrik voorkom, uithou. Bekwame mense wat hulself al bewys het.

Maar kyk ‘n bietjie in jou Bybel. Hy gee dikwels daardie werk vir mense wat jy nie sou verwag nie. Mense soos ek en jy.

Hou op om jou met hierdie belangrike mense te vergelyk en gaan aan en doen dít waarvoor God jou roep.

Dit is  Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge