... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God het Hierdie Sondige Wêreld Lief

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 3:16 God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Waarom het Jesus na hierdie aarde gekom? Waarom vier ons oor ‘n week sy koms na die wêreld in die vorm van Kersfees? Hoekom?

Die afgelope paar dae het ons gesien dat die doel van Jesus se koms na hierdie aarde was om ons in die koninkryk van God in te lei, en die enigste manier om daardie koninkryk binne te gaan, is om wedergebore te word deur ‘n radikale bekering (gebore uit water) en om ‘n nuwe lewe te lei (d.w.s uit die Gees gebore te word).

Dit gebeur as ons glo dat Jesus gesterf het om ons sonde weg te neem en dat Hy weer opgestaan het om ons ‘n nuwe lewe te gee. Maar hoekom het God Jesus, sy Seun, na hierdie aarde gestuur? Hier is die antwoord in:

Johannes 3:16God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Dit is natuurlik vir baie mense ‘n bekende gedeelte, maar weet ons regtig wat dit beteken?

Die Griekse woord wat gebruik word vir ‘wêreld’ is ‘kosmos’. Dit word 186 keer in die Nuwe Testament gebruik, en elke keer verteenwoordig dit wêreldsheid; sondigheid. 

Een kommentator skryf: Dis indrukwekkend!  God is lief vir ‘n sondige wêreld.

Ja! God het die sondaar lief. Dit is nie ten spyte van ons sonde dat Christus ons kom red het nie, dit is as gevolg van ons sonde. Daar is ‘n massiewe verskil. En die verskil is liefde. ‘n Liefde so groot dat dit heeltemal onbegryplik is. Dit is God se motivering. Dis hoekom. En as jy in Jesus glo; as jy werklik met jou hele wese glo, dan sal jy nie verlore gaan nie; jy het reeds die ewige lewe ontvang.

Is jy wedergebore?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.