... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God Is In Beheer, Maar …

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Esra 10:4,5 “Die saak is in u hande. Ons ondersteun u. Staan op, pak dit aan en doen dit.” Esra het toe opgestaan en die leiers van die priesters en die Leviete en ook die hele Israel 'n eed laat aflê dat hulle dit sou doen. Hulle het die eed afgelê,

Listen to the radio broadcast of

God Is In Beheer, Maar …


Download audio file

Wanneer ons voor die een of ander uitdagende taak te staan kom, iets wat ons regtig nie wil doen nie, is die maklikste ding ter wêreld om dit uit te stel.

Ek het gehoor dat iemand een keer daarna verwys as “proaktiewe uitstel” – ‘n doelbewuste strategie van meesterlike passiwiteit. Of, soos een spotprentkarakter dit gestel het: moet nooit vandag doen, wat jy tot môre kan uitstel nie! Ons het almal al so gevoel, nè? Maar dan is daar die ander uiterste: jy sê net dat jy dit aan God gaan oorlaat. Dit is mos nie my probleem nie, dit is Syne!

Destyds het die Skrifgeleerde Esra, een van Israel se grootste leiers, ‘n moeilike taak voor hom gehad. Hy moes die nasie tot verantwoording te roep vir hul onheilige gedrag. Hulle was weer ontrou terwyl God die hele tyd getrou was. Hy hét Israel in die Beloofde Land teruggebring. Esra was egter glad nie lus vir hierdie moeilike taak nie. God het ‘n man met die naam Sekanja, na hom gestuur, wat die volgende vir hom gesê het:

Esra 10:4,5 “Die saak is in u hande. Ons ondersteun u. Staan op, pak dit aan en doen dit.” Esra het toe opgestaan en die leiers van die priesters en die Leviete en ook die hele Israel ‘n eed laat aflê dat hulle dit sou doen. Hulle het die eed afgelê,

Miskien het jy ‘n moeilike taak uitgestel, in die hoop om dit op God se tafel te plaas, maar vandag hoor jy dat Hy vir jou sê dat dit jou verantwoordelikheid is. Maar, maar, maar … God is tog in beheer. Kan Hy dit nie maar doen nie?

Ja, God is in beheer, maar Hy verwag nie van jou om op jou graaf te staan en leun en vir ‘n gat te bid nie. Daar is dinge wat óns kan doen, al is dit onaangenaam, al is dit vir ons ‘n uitdaging. Staan dus op; dit is jou verantwoordelikheid. Wees dapper en doen dit.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.