... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God is jou Gids

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 48:14 Dié God is ons God vir altyd; Hy sal ons altyd lei.

Listen to the radio broadcast of

God is jou Gids


Download audio file

Ek weet nie hoe perfek jou lewe is nie, maar selfs in my lewe in die  bediening, is dit maklik om God uit die oog te verloor; om sy planne en doelstellings uit die oog te verloor; om jou uiteindelike doelwit mis te kyk. Ek glo dat ons almal verstaan waarvan ek praat. . .

Jy het waarskynlik daardie films gesien wat die gevegte van ouds uitbeeld. Mans in hul wapenrusting met hul swaarde. Die een leër teen die ander in die hitte van die stryd. Mans aan beide kante sterf links en regs en die bloed spat. Dis doodsangs, bloedstollende gille, chaos.

Hierdie tonele is vir my soos ‘n saamgeperste metafoor van die lewe. Mans en vroue van God word afvallig. Hulle verloor die doelwit uit die oog. Hulle sterf in ‘n ewigheid sonder Christus, alhoewel hulle voorheen geglo het.

As jy terugdink aan daardie ou gevegstonele in die films, is daar een ding wat hulle in gemeen het. Daar is altyd een man wat ‘n banier dra. Hy word die vaandeldraer genoem. Sy taak was om die manskappe na hul doelwit te lei. Die vaandeldraer se banier was iets waarna hulle in die hitte van die geveg kon kyk, om hulle vorentoe te lei.

As die vaandeldraer sou val, sou ‘n ander die banier optel en voor loop.

In Psalm 48:14 staan: Dié God is ons God vir altyd; Hy sal ons altyd lei.

Die gevegsmetafoor loop dwarsdeur daardie psalm. Dit gaan daaroor om ons fokus op God te hou; hierdie God, ons God … wat ons God is vir ewig en altyd. Deur dik en dun. In die moeilike tye; daar in die hitte van die stryd en in die goeie tye.

En met al die chaos wat rondom ons aangaan, sal Hy ons lei, Hy sal ons vaandeldraerwees; van nou af, tot aan die einde van die tyd. 

Moenie Hom uit die oog verloor nie. Moenie sy leiding versmaai nie. Jou God is jou gids.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.