... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God is Nog Besig…

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 1:6 Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.

Listen to the radio broadcast of

God is Nog Besig…


Download audio file

Wanneer jy ‘n spinternuwe uitdaging aanpak; een met baie goeie bedoelings – gesond eet, gewig verloor, iets spesifieks en noodsaaklik in jou lewe hanteer – dan is daar die risiko dat wanneer jy nuwe prioriteite in jou lewe kry, jou verhouding met Jesus skipbreuk gaan ly.

Daar is vandag baie Christene wat kan getuig dat hulle by tye die spoor byster geraak het. Ja, ons verstaan, jy het die beste voornemens gehad, maar op die een of ander manier het jy minder begin bid en jou Bybel baie minder gelees. Jy het baie minder aan God gedink en die mense om jou baie minder met sy Liefde geseën, as miskien ‘n jaar gelede of vyf jaar gelede, of selfs langer.

As jy jou miskien op die oomblik op daardie plek bevind … nou ja, miskien het God vandag ‘n afspraak met jou. Miskien, net miskien, is daar iets wat Hy vandag vanuit sy groot en magtige hart vir jou wil sê uit:

Filippense 1:6 Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.

Verstaan jy dat God nog nie klaar is met jou nie! Jy het jou lewe destyds aan Hom gegee, toe Hy jou geroep het, jou aangeraak het en die deur na Homself vir jou oopgemaak het. Dit was sy keuse … en Hy sal jou nie verlaat nie. En as jy ervaar hoe Hy jou vandag terugroep, luister na Hom. Spandeer tyd om te bid. Ja, vra Hom om vergifnis.

Goed, miskien het jou pad met Jesus ontspoor. Miskien voel jy spyt daaroor en nou voel jy skuldig ook. Maar luister, Jesus het vir jou gesterf om vir jou skuld te betaal. 

Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.