... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God Sal Jou Nooit Afskeep Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 3:9,10 Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.

Listen to the radio broadcast of

God Sal Jou Nooit Afskeep Nie


Download audio file

Een van die dinge waaraan ons almal hierdie tyd van die jaar behoort te dink, is ons huishoudelike begroting, veral aangesien die lewenskoste dramaties styg en soveel druk op ons finansies plaas. Hoe gaan jy jou geld hierdie jaar bestuur?

Sommige mense stel geen begroting op nie, hulle spandeer hulle geld lukraak en onverantwoordelik en hoop op die beste. Nouja, as jy regtig ryk is, kan dit ten minste vir ‘n rukkie werk, maar vir die meeste van ons is dit beslis nie ‘n opsie nie.

Wanneer jy pryse die hoogte sien opskiet, die huur of verbandkoste styg en inflasie vier hoogty, dan voel jy nog meer onseker en jy dink by jouself … ek moet minder spandeer.

Die eerste ding wat baie mense doen, is om die geld wat hulle aan die armes en vir God se werk gee, te verminder. Dit is die maklikste plek om te begin, want dit het nie ‘n ooglopende of onmiddellike uitwerking op jou leefstyl nie. Moet my nou nie verkeerd verstaan nie, God verwag nooit van ons om te gee wat ons nie het nie, maar Hy verwag ook nie van ons om dit as ‘eerste besparing’ in ‘n finansiële storm te beskou nie.

Hier is ‘n stukkie goddelike wysheid wanneer jy jou gesinsbegroting beplan in: 

Spreuke 3:9,10 Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.

Ek het nog nooit ‘n beter beginsel vir my finansiële bestuur gehad as dié een nie. Selfs deur die onseker, skrikwekkende tye in my geloofsgebaseerde bediening, toe dit gelyk het of ons op ‘n finansiële ramp afstuur, het ek dié beginsel gehandhaaf.

Wanneer ek en jy eers mildelik en opofferend aan God se werk gee, sal Hy ons nooit te kort laat skiet nie. God eer diegene wat Hom eer.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.