... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God se Diepste Geheimenisse vir jou Hart

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 2:9,10 Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet. Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God.

Listen to the radio broadcast of

God se Diepste Geheimenisse vir jou Hart


Download audio file

Jy weet hoe dit gaan. Die daaglikse sleurwerk verlam jou. Dag na dag na dag. Jy voel voos. Jy voel leeg. Jy begin jouself afvra waaroor dit gaan en waarom jy aanhou doen wat jy doen. Jy verstaan mos waarvan ek praat. . .

Die gemiddelde lewensverwagting vir albei geslagte in die wêreld van vandag is 73,2 jaar. Dit is 26 736 dae, 7 uur, 12 minute. En in ons lewe – van kindsbeen af, deur ons tienerjare, ons volwasse lewe en tot in jou oudag doen ons telkens dieselfde ding oor en oor. Daarom is die daaglikse sleurwerk maar net ‘n deel van die realiteit van ons menslike bestaan.

As jy ‘n kamera in my studeerkamer sou gehad het, sou jy my dag na dag daar sien sit. Op dieselfde stoel, by dieselfde lessenaar waar ek dag na dag op dieselfde sleutelbord sit en tik. Ek staan gewoonlik so teen omstreeks 3 uur in die oggend op. Vandag is Donderdag en dis 05:00 en hier sit ek weer besig om ‘n VARS boodskap voor te berei. 

Dit maak nie saak waarvoor jy geroep word nie, daardie sleurwerk en herhaling van die dinge wat jy doen, kan sy tol eis. Daarom glo ek vandag met my hele hart dat die Gees van God ‘n woord van bemoediging, van lewe en van vreugde in jou hart wil inblaas wanneer jy moedeloos voel.

1 Korintiërs 2: 9,10 Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet. Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God.

Gee die Heilige Gees vandag daardie geleentheid van om die diep geheimenisse met jou te deel.

… “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,”… Aan ons dan het God …die diepste geheimenisse van God… deur die Gees bekend gemaak… 

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.