... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God se Geregtigheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 26:9 Heelnag lank soek ek na U, in die môre smag ek na U. Eers wanneer U kom om die aarde te oordeel, sal mense leer om te doen wat reg is.

Listen to the radio broadcast of

God se Geregtigheid


Download audio file

Dis voorwaar ‘n vreemde ou wêreld waarin ons leef. Aan die een kant smag jou hart na God. Maar aan die ander kant word jy deur soveel boosheid en onreg omring, dat dit jou heeltemal deurmekaar maak.

Dit is ‘n wonderlike ding om ‘n hart te hê wat na God smag; wat daarna smag om by Hom te wees, wat elke oggend opstaan met ‘n begeerte na God self.

Maar het jy al ervaar hoe jy in die oggend ‘n wonderlike intieme, vreugdevolle tyd met die Here deurbring, en die oomblik wat jy by die voordeur uitstap, tref die een of ander boosheid of onreg jou vol in die gesig en beroof jou van al daardie vreugde? Ja, ek het ook al. Maar ons is nie die eerstes om dit te ervaar nie, en ons sal beslis ook nie die laastes wees nie. 

Jesaja 26:9 Heelnag lank soek ek na U, in die môre smag ek na U. Eers wanneer U kom om die aarde te oordeel, sal mense leer om te doen wat reg is. (NLV)

Hierdie woorde is meer as twee en ‘n half duisend jaar gelede deur Jesaja geskryf. Israel het afgedwaal van God. Hulle het valse gode aanbid en hul was boos. En tog was daar die profeet, Jesaja, wat te midde van dit alles na God verlang het. Hy het aan God getrou gebly. Hy het in sy gees verstaan dat eendag, wanneer God se geregtigheid na die wêreld kom, die mense sal leer hoe om billik en ordentlik te lewe.

Dieselfde geld vandag nog. Ons weet almal onreg en boosheid vier hoogty. Daar bestaan geen twyfel daaroor nie. Wat beteken dit vir jou? Hou jy aan om, te midde van wat om jou aangaan, na God te verlang? Verlang om by Hom te wees? Geniet Hom, hier, nou, vandag. Want eendag, op die bepaalde tyd, sal Hy in geregtigheid na die aarde kom.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.