... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God se Handewerk

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 19:2-5 Die hemele verkondig die heerlikheid van God. Die uitspansel getuig van die werk van sy hande. Die een dag vertel vir die ander dag; die een nag vir die volgende nag. Hulle praat sonder woord of klank, geluidloos is hulle stem; hulle boodskap gaan uit oor die hele wêreld, hulle woorde tot die uiterste van die aarde. Die son se woonplek is in die hemel, waar God dit geplaas het. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

God se Handewerk


Download audio file

As individue, en ook as ‘n samelewing het ons die wonderlikste vermoë om dít wat heeltemal voor die hand liggend is, te ontken. En daardie vermoë om onsself te mislei, het werklik verskriklike gevolge.

Vir dekades was die bewyse dat rook ‘n mens doodmaak, pynlik duidelik. Die mensdom het daardie waarheid ontken, want hulle is deur die tabakmaatskappye gelei. Vandag weet ons dat dit doelbewuste misleiding was en daardie ontkenning het miljoene mense se lewens gekos.

Vir dekades is daar talle bewyse dat die grootskaalse verwerkte voedsel wat ons eet, ons doodmaak. Tog voer vetsug, hartaanvalle, beroertes en diabetes hoogty.

En van die begin van alle tyd af was dit duidelik dat daar ‘n God moet wees wat die heelal met sulke ongelooflike skoonheid en prag geskep het. Maar kan jy dink, dat daar vandag steeds talle mense is wat enige denkbare verskoning kan uitdink om Hom as ‘n mite te verwerp?

En tog is sy bestaan en sy liefde so duidelik soos daglig.

Psalm 19:2-5 Die hemele verkondig die heerlikheid van God. Die uitspansel getuig van die werk van sy hande. Die een dag vertel vir die ander dag; die een nag vir die volgende nag. Hulle praat sonder woord of klank, geluidloos is hulle stem; hulle boodskap gaan uit oor die hele wêreld, hulle woorde tot die uiterste van die aarde. Die son se woonplek is in die hemel, waar God dit geplaas het. (NLV)

Soos ek gesê het, dit staan so duidelik soos ‘n paal bo water. Die hemele verkondig die heerlikheid van God. Die uitspansel getuig van die werk van sy hande.

Dis jou keuse – jy kan dít wat duidelik voor die hand liggend is, ontken, óf jy kan jou daarin verlustig. Jy kan jou verlustig in God en alles wat Hy vir jou voorsien en vir jou gedoen het, en dat Hy vir jou die Ewige Lewe saam met Hom bied.

Kies dus, maar kies wys.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.