... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hy het ons Alreeds Oorvloedig Geseën 

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 1:3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.

Listen to the radio broadcast of

Hy het ons Alreeds Oorvloedig Geseën 


Download audio file

Ja, wanneer ons aan die einde van hierdie week terugdink aan die afgelope jaar en besin oor die jaar wat voorlê, is daar ‘n hele paar dinge wat ons hoop in die komende jaar heelwat anders sal wees. Beter. Geseënd.

Aan watter spesifieke dinge in jou lewe dink jy nou? Watter seëninge sou jy graag wil hê moet oor jou pad kom? Daar sal sekerlik een of twee bo-aan jou lys wees. . .

Miskien wil jy graag hê dat dinge net ‘n bietjie beter moet gaan in jou werk, in jou finansies, in jou huwelik, in jou kinders se lewens, in … wel, die lys gaan aan, nè? Maar dan is ons so geneig om op daardie een of twee onvervulde seëninge waarvoor ons wag, te fokus, dat dit amper voel asof niks anders saak maak nie.

Dit is seker nou die tyd van die jaar wanneer ons ons lewens ondersoek en hoop dat die jaar wat voorlê beter sal wees. Dis goed en wel, maar die gevaar hiervan is dat wanneer ons so konsentreer op wat ons nog nie het nie, dat ons alles wat ons wel het, heeltemal uit die oog kan verloor.

Efesiërs 1:3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.

Die waarheid is dat God ons in Christus, reeds met elke geestelike seëning wat daar is, geseën het. Hy was na die slawemark van ons sonde en daar het Hy ons deur die bloed van Jesus teruggekoop en ons verlos. Hy het ons vergewe omdat Christus die prys betaal het. Hy het sy Gees in ons geplaas en vir ons die weg na ‘n ewigheid in sy teenwoordigheid gebaan.

Die waarheid is dat God, in Christus, reeds vir jou en vir my oorvloedig – met die grootste geskenk denkbaar – bederf het. Moet dit nooit, ooit vergeet nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.