... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God, Sorg as jy Oud Is

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 46:3,4 “Luister na My, nageslag van Jakob, oorblyfsel uit die nageslag van Israel. Ek het voor geboorte vir julle gesorg en julle kleintyd vasgehou. Ek sal julle God wees deur julle hele lewe. Tot julle stokoud is, sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak, en sal vir julle sorg. Ek sal julle ondersteun en julle red.

Een van die dinge wat vir my so interessant is, is hoe God iets wat Hy duisende jare gelede gesê het, in ‘n heel ander konteks kan neem en dit kan gebruik om ons lewens vandag kragtig te beïnvloed.

Kom ons kyk wat sê:

Jesaja 46: 3,4 “Luister na My, nageslag van Jakob, oorblyfsel uit die nageslag van Israel. Ek het voor geboorte vir julle gesorg en julle kleintyd vasgehou. Ek sal julle God wees deur julle hele lewe. Tot julle stokoud is, sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak, en sal vir julle sorg. Ek sal julle ondersteun en julle red. Ek het jou gemaak, en Ek sal jou na veiligheid dra. (NLV)

Nou ja, wat is die konteks? Wel, God het sy volk, Israel, die familie van Jakob, soos hier na hulle verwys word, vir sewentig jaar gestraf toe Hy hulle in slawerny na Babilon laat wegvoer het, omdat hulle ontrou was en valse gode aanbid het. 

Maar dis net logies dat hulle in die heidense Babilon, ‘n vrugbare teelaarde vir voortgesette afgodsaanbidding gevind het. Hierdie verse vorm deel van God se gesprek met die volk wat daardie praktyk aan die kaak stel, want Hy is op die punt om Israel in die Beloofde Land te hervestig. Dit is ‘n angswekkende tyd vir die Israeliete, want die meeste van hulle het hul hele lewe as slawe geleef. Hulle vra hulself af of God hulle werklik gaan terugneem na hierdie Land waarvan hulle nog net gehoor het en hoe dit hulle lewens sou verander. Sou dit gevaarlik wees?

Maar hier is die uitklophou. Ten spyte van al hulle vrese en mislukkings, ten spyte van hulle ontrouheid, het God getrou gebly. Ten spyte van ons ontrou, bly God steeds getrou. Van die wieg tot die graf, deur die lewe se op- en afdraandes, selfs wanneer ons hare grys word, selfs wanneer ons liggame begin faal, is God getrou – tot in ons oudag … en verder.

Wat ook al jou situasie, wat ook al jou vrese en mislukkings, wat ook al jou ouderdom, onthou dit. God is getrou.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.