... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Groei tot Seën van Ander

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Petrus 1:5-8 En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken.

Listen to the radio broadcast of

Groei tot Seën van Ander


Download audio file

Voel jy soms of jou geloof onder druk is? Ervaar jy dat mense jou wil stilmaak, verkleineer en vir jou sê dat geloof in Jesus belaglik is? Nou ja, vandag het ek goeie nuus vir jou.

Ja, deesdae lyk dit asof almal daarop ingestel is om ons te vertel dat die idee om Jesus op ‘n eenvoudige manier te volg, geen plek in ‘n sekulêre samelewing het nie. Talle Christene getuig nie meer nie en het hulle ywer verloor in plaas daarvan om te groei in hulle geloof.

Maar laat ons ‘n oomblik stilstaan en konsentreer op die ongelooflike seëninge wat ons in Christus het: Vergifnis van al ons sonde, versoening met God, ‘n nuwe lewe hier op hierdie aarde, ‘n ewige lewe in Sy Teenwoordigheid. En ons lees in:

 2 Petrus 1: 5-8 hoe om daardie geloofsgroei te ervaar: En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken.

Met ander woorde ons doel is om te groei in ons geloof in Christus; om te verander om die heerlikheid van Christus uit te straal met die heerlikheid wat steeds toeneem sodat ons vrug dra wat ander sal seën.

Onthou die ongelooflike seëninge wat jy elke dag in Christus ontvang het. Groei daarin en word verryk. Toon aan hierdie wêreld wat jou getuienis wil vernietig, dat jou lewe deur Christus getransformeer is.

Moenie toelaat dat die wêreldse mense jou beïnvloed nie. Stort sy liefde op hulle uit.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.