... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Groener Weivelde

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 10:7-9 Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en aan sy vrou verbind word, en die twee sal een liggaam wees, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een. Daarom, wat God saamgevoeg het, moet 'n mens nie skei nie.” (AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Groener Weivelde


Download audio file

Ons dink dikwels aan die huwelik as ‘n instelling, maar as jy eendag trou, ontdek jy dat dit heeltemal anders is, as wat jy gedink het dit sal wees. Dit kan so moeilik word, dat baie mense moed verloor en die handdoek wil ingooi. Maar dit was nooit God se plan nie.

Die huwelik is een van die kosbaarste van alle menslike verhoudings. Man en vrou sluit ander verhoudings doelbewus uit, om aan mekaar getrou te wees. En dit is presies wat God bedoel het.

Maar elkeen wat getroud is, weet dat ‘n huwelik nie altyd rosegeur en maanlig is nie. Sommige dae is daar konflik. Party dae is daar teleurstelling. Party dae is dit seer.

En tog is dit ook deel van God se plan – dit leer ons dat liefde nie gaan oor ‘n toutrekkery om te wen nie.

Maar soms raak ‘n man of vrou ontnugter oor hul huwelik en is die versoeking om na groener weivelde te soek. Daar moet sekerlik iemand beter daar buite wees. Miskien sal ek …

Kyk wat het Jesus oor die huwelik gesê in:

Markus 10: 7-9 Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en aan sy vrou verbind word, en die twee sal een liggaam wees, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een. Daarom, wat God saamgevoeg het, moet ‘n mens nie skei nie.” (AFR20)

Om na die sogenaamde “groener weivelde” te beweeg, vereis dat jy iets uitmekaar skeur en glo my, dit veroorsaak ‘n pyn en ‘n verlies wat geen woorde kan beskryf nie, net om te ontdek dat die verste gras nie regtig groener is nie.

Ek wens ek kon vir jou sê dat ek die perfekte man is, maar ek is dit nie. En so wonderlik soos my vrou Jacqui is, is sy ook nie perfek nie. Maar ons het hierdie oorweldigende begeerte om saam oud te word. En dit is presies wat God bedoel het.

Wat God saamgevoeg het, mag niemand skei nie.

Sê gereeld vir jouself: die verste gras is nie groener nie.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge