... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Groot Verwagtinge

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 23:17,18 Moenie afgunstig wees op sondaars nie; wees altyd ywerig om die Here te dien; dan sal jy 'n toekoms hê en jou hoop sal jou nie ontneem word nie.

Listen to the radio broadcast of

Groot Verwagtinge


Download audio file

Weet jy wat my vies maak? Weet jy wat my die harnas in jaag? Dit is wanneer dit lyk asof slegte mense, oneerlike mense, onbeskofte mense, manipulerende mense, voorspoedig is. Hulle doen al die verkeerde dinge, breek al die reëls en steeds laat God hulle daarmee wegkom.

Ja, dit ontstel my. Dit ontstel ons almal, omdat dit ons aangebore gevoel van geregtigheid skaad. Goeie gedrag moet beloon word met goeie uitkomste. Slegte gedrag moet gestraf word met slegte uitkomste.

As die wêreld maar net so eenvoudig was! En tog sien ons die  selfsugtiges wat ander mense vertrap, die manipuleerders en die leuenaars in magsposisies en prominente poste. Wag ‘n oomblik, dit is nie regverdig nie! En tog … gebeur dit.

As jy dit telkens sien gebeur; as jy sien hoe die rykes en beroemdes leef met geld wat op verkeerde maniere bekom is, kom die duiwel en fluister in jou oor: ‘Jy kan ook so ‘n lewe hê. Ek kan dit vir jou gee. Kom, volg my.’ Dit sit jou aan die dink… Miskien kan ek hê wat hulle het.

En so word die saadjie van afguns gesaai. Dit is hoe dit werk. Die duiwel wil ons verlei om tot op hulle ‘sukses’ vlak te styg, terwyl hy die hele tyd besig is om ons in die put af te sleep.

Die enigste manier om die vyand te verslaan, is om antwoorde in die Woord van God te kry. Kyk wat staan hier in:

Spreuke 23: 17,18 Moenie afgunstig wees op sondaars nie; wees altyd ywerig om die Here te dien; dan sal jy ‘n toekoms hê en jou hoop sal jou nie ontneem word nie.

Ons oorkom die strikke van die bose, wanneer ons met ‘n skoon gewete en met eer en respek teenoor God leef. Ons styg bo die boosheid uit en ons harte word vol van ‘n oorweldigende hoop op Hom, wanneer ons werklik in opregtheid voor God wandel.

‘n Hoop wat nooit sal teleurstel nie. Nooit nie!

Moenie afgunstig wees op sondaars nie; wees altyd ywerig om die Here te dien;

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge