... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

“Haat is Verbode”

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 4:19,20 Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy 'n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie.

Listen to the radio broadcast of

“Haat is Verbode”


Download audio file

Toe ek grootgeword het, is ek nie toegelaat om die woord “haat” te gebruik nie. Ek is beslis nooit toegelaat om iemand te haat nie. Dit was streng verbode. Selfs om te sê dat ek dít of dát haat, is afgekeur.

Daardie outydse beginsels, waaroor ek vandag dankbaar is dat my ouers dit in my ingedril het, word vandag oral vervang met woede en venynige opmerkings. Kyk maar net na die pers, die televisie, die sosiale media … en selfs ook na die manier waarop mense hul lewens leef.

Kan ek jou vandag vra, watter dinge haat jy? Wees eerlik met jouself. Dink mooi, is daar dalk iemand wat jy haat? Dít is nog ‘n ernstiger vraag. Die rede waarom ek dit vra, staan in:

1 Johannes 4:19,20 Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy ‘n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie.

Haat was nie slegs verkeerd uit my ouers se perspektief nie, maar dit is ook uit God se perspektief sonde. Hoekom? Want God is liefde. Toe God die volste reg gehad het om mense soos ek en jy te straf vir ons rebellie en sonde, toe Hy die volste reg gehad het om ons te haat, wat het Hy gedoen? Hy het sy Seun, Jesus, gestuur om vir ons te ly en te sterf. Ons het lief, want God het ons eerste liefgehad.

En wat Hy hier sê, is dat ons nie aan die eenkant kan beweer dat ons een van sy kinders is, en aan die anderkant iemand haat nie. Hy sê baie duidelik vir ons dat dit eintlik daarop neerkom dat ons Hom haat.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to heavy rains that flooded our TV studio, there’s no video for today’s Fresh. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.