... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hanteer Menopouse

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 15:12,13 Dit is my gebod: Julle moet mekaar liefhê, net soos Ek julle liefgehad het. Groter liefde as dit het niemand nie, dat iemand sy lewe aflê vir sy vriende.(AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Hanteer Menopouse


Download audio file

Enigiemand wat al ooit getrou het, weet dat hulle op hul troudag ‘n onvoorwaardelike belofte aan hul huweliksmaat gemaak het, om deur dik en dun, tot die einde toe, by hulle te bly. Waarom misluk soveel huwelike dan?

‘n Paar jaar gelede was ek betrokke in ‘n groepsbespreking by ‘n Bybelkollege waar ek onderrig het. Die spesifieke dag was die onderwerp op die tafel, hoe ons pyn en lyding in ons eie lewens hanteer.

Een man het vertel van die pyn wat hy die afgelope paar jaar deurgemaak het, terwyl sy vrou die emosionele wipplank van haar menopouse deurgemaak het. Die trane het oor sy wange gerol, toe hy ons van die pyn wat hy gely het, vertel.

Hierdie man was volgens wêreldse standaarde gemeet, geen superster nie. Hy was nie veel om na te kyk nie. Hy was nie  ‘n welsprekende ou, of ‘n skrywer of akademikus nie. Maar in hierdie wêreld van losse verhoudings, van huwelike wat weggegooi word soos verfrommelde kitskos-pakkies, moet ek jou sê, hierdie man was ‘n held.

As ‘n mens kyk na wat hierdie arme man moes deurgaan, wil jy jouself afvra of dit nie baie makliker sou gewees het, as hy net aan homself gedink het nie? Dit sou so maklik gewees het om van sy vrou ontslae te raak. Baie mans van sy ouderdom doen dit. So maklik…

In Johannes 15: 12,13 staan: Dit is my gebod: Julle moet mekaar liefhê, net soos Ek julle liefgehad het. Groter liefde as dit het niemand nie, dat iemand sy lewe aflê vir sy vriende. (AFR20)

Hierdie man het sy lewe vir sy vrou afgelê. Hy het sy huweliksbelofte – om getrou te bly tot die dood hul skei – groter as sy eie behoeftes beskou.

En dit, mans, is presies waarvoor ons geroep is.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge