... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Herdenkingsdag of Memorial Day

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Eksodus 12:14 “Hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees. Julle moet dit as 'n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit 'n vaste instelling wees wat hulle moet vier.

Listen to the radio broadcast of

Herdenkingsdag of Memorial Day


Download audio file

Dit maak nie saak waar jy woon nie, maar in die verlede van elke land is daar mans en vroue wat hul lewens vir hul land opgeoffer het om vir jou vryheid te gee. Dit is werklik ‘n ontnugterende gedagte.

Vandag is Herdenkingsdag, Nasionale Roudag, of Memorial Day, in die Verenigde State, ‘n dag waarop die land die weermagslede wat hul lewens in diens opgeoffer het, onthou, eer en hul dood betreur. ‘n Gedenkteken, ‘n standbeeld of ‘n struktuur word gewoonlik gebruik om ons aan ‘n belangrik gebeurtenis te herinner.

Dit hoef nie net ‘n fisiese simbool te wees nie. Die meeste van die tyd leef die herinneringe aan die gestorwenes in mense se harte, aangesien hulle die prys onthou wat daarvoor betaal is.

Toe God Israel uit die slawerny in Egipte bevry het, moes elke huishouding ‘n lam slag en sy bloed aan hulle deurkosyne verf. Hierdeur het die doodsengel gesien in watter huise die Israeliete woon, sodat die laaste plaag wat Farao en die hele Egipte getref het, hulle sou oorslaan. Ons lees in die Bybel in:

Eksodus 12:14 dat God beveel het: “Hierdie dag moet vir julle ‘n gedenkdag wees. Julle moet dit as ‘n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit ‘n vaste instelling wees wat hulle moet vier.

Maar dit was net ‘n voorsmakie van die ware redding wat sou kom. Baie jare later het Jesus, die Lam van God, Sy bloed gestort om vir ons ons vryheid te koop. Vryheid van die sonde wat ons lewens vernietig. Ook die vryheid van God se toorn op die oordeelsdag, wanneer ons, soos ons almal weet, voor Hom sal moet staan. 

Dit is prysenswaardig vir nasies om ‘n dag opsy te sit as herinnering aan diegene wat hul lewens opgeoffer het om die vryheid vir ander te verseker. Maar ons weet die grootste offer van almal, was die dood van Jesus aan die Kruis. ‘n Ware gedenkdag.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.