... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Help!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 121:1,2 Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.

Listen to the radio broadcast of

Help!


Download audio file

Vir elkeen van ons is daar tye in ons lewe; situasies, omstandighede, verhoudings, waar ons eenvoudig nie op ons eie die mas kan opkom nie. En dit is op daardie tye en in daardie situasies, wat ons hulp gaan soek. 

Ons neem, al te dikwels wanneer ons aan strooihalms vasklou, verkeerde besluite. Ek het dit al gedoen, jy het dit al gedoen … en ons weet uit ervaring dat wanneer ons ons hulp op die verkeerde plek kry, dinge skeefloop.

Dit is iets wat die psalmis maar te goed geken het toe hy Psalm 121: 1,2 geskryf het: Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.

 Ons het sekerlik almal al  “opgekyk na die berge” … In moedeloosheid in die verte gestaar en gewonder hoe ons ons probleem gaan oorbrug. Maar wag ‘n bietjie: Destyds het afgode, valse gode, in tempels gewoon. En waar was hulle tempels? Op die bergtoppe natuurlik.

Kom ons kry duidelikheid oor die saak: afgode in hul tempels was en is nog altyd bedrieërs. Die beste raad wat die wêreld aanbied, is ‘n leuen. Sukses is nog ‘n slagyster. As dinge regtig haglik is, kan geen wêreldse oplossings ons help nie. Daar is net Een wat kan. Die Here, die skepper van hemel en aarde. Die een ware God met die krag om ‘n verskil te maak. Die een ware God wat ons liefhet. So lief het dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het om te sterf om die prys vir ons sondes te betaal. En meer nog; om weer op te staan ​​om ons ‘n nuwe, ewige lewe te gee.

Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.