... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Herdenking

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Eksodus 12:14 “Hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees. Julle moet dit as 'n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit 'n vaste instelling wees wat hulle moet vier.

Listen to the radio broadcast of

Herdenking


Download audio file

Paasfees kom so vinnig nader. Maar dit wil voorkom asof ons so onnadenkend daarmee omgaan, dat dit dikwels meer om die langnaweek gaan, as oor die ware betekenis daarvan. En tog is die Paasfees propvol betekenis.

Dit was tydens die Paasfees toe Jesus vir mense soos ek en jy aan ‘n Kruis vasgespyker is. Dit was die fees wat God se volk gevier het ter herdenking van die nag toe God Israel uit eeue van slawerny in Egipte, bevry het. Slawerny … ja, dit was ‘n vreeslike tyd.

Die Egiptenare was wrede meesters. God het tien plae oor Egipte gestuur om die Farao te oortuig om Sy volk te laat gaan. Die Farao het uiteindelik toegegee, toe die doodsengel elke eersgeborene in Egipte doodgemaak het, terwyl die eersgeborenes van die Israeliete gespaar was. Die engel het die Israeliete se huise oorgeslaan – vandaar die naam, die Pasga of soos ons in Engels sê: Passover.

Dit was ‘n wonderbaarlike tog deur die Rooi See, gevolg deur veertig jaar in die woestyn, voordat hulle uiteindelik die Beloofde Land kon binnegaan. Maar dit was nietemin ‘n ontsnapping uit slawerny en hier is die opdrag wat God vir Israel gegee het om tydens Pasga te doen:

Eksodus 12:14 Hierdie dag moet vir julle ‘n gedenkdag wees. Julle moet dit as ‘n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit ‘n vaste instelling wees wat hulle moet vier.

En toe, ‘n millennium en ‘n half later, stuur God Sy Seun, Jesus, om aan ‘n Kruis te sterf tydens die Paasfees vieringe, wat vir die grootste gedeelte van daardie tydperk gevier is.

Daardie tydsberekening is baie betekenisvol. Dis God wat vir ons sê dat Jesus, soos die Paaslam, waaroor ons môre sal praat, gekom het om ons van slawerny te bevry; slawerny van die brutaliteit van ons sonde.

Paasfees is ‘n tyd wat God wil hê ons moet stil word en nie daardeur jaag nie, maar moet stop en onthou waaroor dit werklik gaan, want wanneer ons dit doen, eer ons die Here.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.