... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Het Jy Jou Geskenke Gereed?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 1:17 Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.

As jy eerlik wil wees, is die tradisie om geskenke onder die kersboom te sit, ‘n vreemde manier om die geboorte van Jesus te herdenk. Regtig vreemd.

Ons het dit almal gedoen, nie waar nie? Ons het ook al in die dae voor Kersfees rondgeskarrel om geskenke te koop. En dan was daar altyd sekere mense vir wie jy gesukkel het om die regte geskenk voor uit te kies. Dit was gewoonlik ‘n man. Dis soveel makliker om iets vir ‘n vrou te koop, nè?

Hoekom dink ons nie daaraan om te vra hoekom ons dit doen nie? Waarom vier ons Kersfees deur die koop van geskenke waarop ons dikwels geld spandeer op dinge wat die mense vir wie ons dit koop, nie nodig het nie, en waarvoor ons dikwels nie die geld het nie?

Die rede is dat ons die grootste geskenk wat ooit aan die mensdom gegee is, vier: Jesus, die Seun van God, wat vir ons gegee is, sodat ons kan lewe. 

Jakobus 1:17 Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.

Dis nou nie ‘n vers wat ons tradisioneel met Kersfees sal assosieer nie, maar wat my hieraan laat dink het, is die feit dat God nooit verander nie. Hy is altyd dieselfde. Hy het die hele skepping aan ons gegee, sodat ons daaroor kan heers. Ongelukkig hoef jy nie baie ver te kyk om te sien hoe ons dit verwoes het nie.

Ons het ons rug op hierdie vrygewige God gedraai, en toe stuur Hy sy Seun, Jesus, om ons te red. Die grootste geskenk wat ooit aan die mensdom gegee is. Die grootste geskenk wat ooit aan ons gegee is.

Dink aan Jesus wanneer jy die geskenke onder die boom oopmaak. 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.