... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hier kom die Regter

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 7:4,5 Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar 'n balk in jou eie oog? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.

Listen to the radio broadcast of

Hier kom die Regter


Download audio file

Ek gee toe, die wêreld is vol onvolmaakte mense en ja, die druk neem toe en ja, ons het die neiging om ongeduldig te raak met mense. Maar dis asof ons by die dag meer ongeduldig en onverdraagsaam word. Het jy al ooit gewonder wat ander mense van jou dink as jy so ongeduldig teenoor hulle is?

Laat ons eerlik wees, die wêreld haat ‘n huigelaar. En as ons eerlik is, is ek en jy ook nie so lief vir hulle nie …. Jy verstaan dis die skynheiliges  daar buite waarvan ek praat, per slot van rekening, is hulle die huigelaars nie ek of jy nie. Beslis nie ons! Nè?

Het jy al ooit op jou toeter gelê omdat iemand sonder flikkerlig in die verkeer van baan verander het? En dan, net ‘n paar minute later, betrap jy jouself dat jy presies dieselfde doen!

Ek het. Oeps. Dis geveinsd.

Jesus het dit so gestel: Moenie ander oordeel nie, en God sal jou nie oordeel nie.

Maar Hy het geweet dat Hy dit baie duidelik moet stel, sodat ons kan verstaan wat die skynheiligheid in ons harte regtig beteken. Daarom het Hy hulle – en ons ook  – vierkantig tussen die oë getref, toe Hy in:

Matteus 7:4,5 gesê het: Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar ‘n balk in jou eie oog? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.

Ja … jy kan nie meer sê jy verstaan nie die boodskap nie!

En die ding wat ek opgemerk het, is dat wanneer ons onsself as regter, jurie en laksman aanstel, maak dit ons ongelukkig. Dit verwoes ons lewens net soveel soos die volgende persoon s’n.

En boonop weet ons dat almal ‘n huigelaar verafsku.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge