... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe Beskerm jy jou Regte?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 27:12-14 Op die beskuldigings van die priesterhoofde en die familiehoofde het Hy niks geantwoord nie. Toe sê Pilatus vir Hom: “Hoor jy nie waarvan hulle jou alles beskuldig nie?” Maar Jesus het hom op geen enkele woord 'n antwoord gegee nie, sodat die goewerneur baie verbaas was..

As die gesprekke van Christene op die sosiale media-platforms wat ek volg, enige aanduiding is, dan het ons, die kerk, baie ver, so baie ver … van die Bybelse Christendom afgedwaal.

Dit mag dalk ietwat krities en veroordelend klink, maar kom ons praat nie oor “die kerk” nie, want ek en jy kan nie verander wat op daardie vlak gebeur nie, net God kan. Kom ons fokus eerder op ons as individue. As jy jouself as ‘n gelowige, as ‘n dissipel van Jesus beskou, dan sluit ek jou in by die ‘ons.’ 

Hoeveel tyd en energie gebruik ons om vir ons regte te veg? Word ons kwaad en mors ons ons tyd deur beswaar aan te teken teen wetgewing, soos byvoorbeeld die inperkings, wat in die land waar ek woon, opgelê word? Kom ons vergelyk dit met die wyse waarop Jesus sy regte en sy onskuld voor Pontius Pilatus verdedig het.

Matteus 27:13,14 Op die beskuldigings van die priesterhoofde en die familiehoofde het Hy niks geantwoord nie. Toe sê Pilatus vir Hom: “Hoor jy nie waarvan hulle jou alles beskuldig nie?” Maar Jesus het hom op geen enkele woord ‘n antwoord gegee nie, sodat die goewerneur baie verbaas was.

Verstaan my mooi; Christene moet by openbare debatte betrokke raak. Maar op watter stadium is genoeg, genoeg? Op watter stadium begin ons onvanpas optree? Wanneer word dit ‘n onbybelse stryd tussen ‘ons’ en ‘hulle’? Wanneer ruk dit hande uit en word dit ‘n stryd tussen ons, as die Christene, en hulle as die Wêreldses?

Kom ons vra onsself eerlik: gaan dit alles oor ons eie belang? Want sover ek kan sien, was Jesus in wie ons sê ons glo, baie meer geïnteresseerd daarin om sy Vader se wil te doen, as om sy eie vel te red. Hy het niks ter verdediging gesê nie. En tog, vanweë Sy nederigheid, word Sy naam bo elke naam verhef. Moenie te vinnig wees om jouself te probeer verdedig nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.