... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe Leef Ons As Geredde Mense?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 2:10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

Die afgelope paar dae het ons gepraat oor wat dit beteken om gered te word deur God se genade en deur geloof in Jesus. Dit is regtig baie belangrike dinge. Maar wat dan? Hoe leef ons nou?

Dit is belangrike vrae om te vra. Regtig belangrik! Wat my diep bekommerd laat voel, is die mense wat ‘n oppervlakkige geloof het. Mense wat dink dat hulle gered is, maar wat ‘n ontsaglike skok gaan kry op die dag wat hulle voor die troon van God moet staan.

Die enigste weg na die Vader is deur geloof in Jesus, sy Seun. Dis dit! Maar hoe lyk daardie geloof? Is dit ‘n eenmalige ding? Ja-wat. Ek glo. Tik dit af op my lysie en gaan aan met die lekker lewe? Nee my vriend! Dit is glad nie wat God se Woord sê nie.

Hierdie vers volg op die verse oor redding waarna ons hierdie week gekyk het:

Efesiërs 2:10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

God het jou geskep en gered, want Hy het ‘n paar goeie werke wat spesiaal op jou wag. Watter soort werke? Goeie werke. Nie die ou verkeerde dinge, die gemors waarmee ons besig was voordat ons op Jesus vertrou het nie. Nee, goeie werke. Met ander woorde, daar is ‘n splinternuwe lewe wat op ons wag.

En as ons lewe nie radikaal verander het nie, en as ons lewe nie van goeie werke getuig nie, beteken ons geloof niks nie. Elders sê Jesus in:

Matteus 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.

Moenie ‘n fout maak nie. Geloof in Jesus is NIE ‘n eenmalige regmerkie op jou lysie nie. Dit is ‘n veranderde lewe. Moenie  op die oordeelsdag ‘n geweldige skok kry nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy