... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe Lyk jou Aftree Plan?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 8:9 Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word.

Listen to the radio broadcast of

Hoe Lyk jou Aftree Plan?


Download audio file

So tussen ons, kan ek jou vra: wat het jy vir die res van jou lewe beplan? Die meeste van ons weet nie hoe lank ons op hierdie aarde oor het nie. Wat wil jy in die tyd wat oor is, doen en bereik? Hoe wil jy jou laaste jare leef?

Dit laat ‘n mens dink, nè. Die meeste mense beplan om af te tree en hoop dat hulle genoeg sal hê om gemaklik te leef. Natuurlik is dit nie vir almal ‘n opsie nie. Daar is mense wat bekommerd is dat hulle in armoede sal verval en hoop dat hulle op hul gesin sal kan steun.

Ons weet die behoefte aan sekuriteit is redelik universeel. En in baie kulture, ook my eie, verander dit baie vinnig en maklik in ‘n begeerte om gemaklik te wees, met ander woorde ‘n behoefte om ryk te wees.

Een van die dinge wat ‘n mens by baie afgetredenes opmerk, is dat hul wêreld baie klein geword het. Ek het dit nie besef totdat ‘n finansiële beplanner met baie ouer kliënte my daarop gewys het nie. 

Ongelukkig is dit waar en dit klink nie baie goed nie.

Kan so ‘n eng prentjie regtig wees wat God vir die res van jou dae beplan het? Of is daar miskien ‘n alternatief? Kyk wat sê:

2 Korintiërs 8: 9  Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word.

Jesus keer ons begeerte na selfsugtige gemak en veiligheid heeltemal op sy kop.

Hy het alles prysgegee sodat ons ryklik geseën kon word. Ek kan jou vertel dat die ouer mense wat ek ken; dié wat leef met die doel om ander te dien, ander te seën, op te offer vir ander, geneig is om ‘n baie ryker lewe te lei as diegene wat op hulself fokus.

Laat ek jou dus weer vra, wat het jy vir die res van jou lewe beplan?

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.